In sy arms

Kan­kerkind sterf ná lang stryd

Beeld - - Front Page - Si­mon Son­ne­kus

Die drie­ja­ri­ge kan­ker­ly­er Im­ke Gel­den­huys, wat Maan­dag in haar pa se arms ge­sterf het, het tal­le men­se se “le­we en hart ge­raak”.

Jo­han Gel­den­huys, Im­ke se ou­pa, sê sy klein­dog­ter het in haar kort le­we baie men­se se le­we ver­an­der.

“Al was sy siek, het sy baie maal saam met haar pa ge­bid. Selfs as hy ge­hoes het, sou sy aan­bied om vir hom te bid. Ons sal al­tyd baie trots wees op haar. Selfs al is ons hart­seer om­dat sy weg is, sal ons al­tyd trots bly,” sê hy.

Gel­den­huys sê sy seun, Da­ri­us, en skoon­dog­ter, Ilo­na, het Maan­dag­aand uit New York die nuus van Im­ke se dood via ’n vi­deo-op­roep aan hom ge­gee.

Hy sê Da­ri­us het in die op­roep die ka­me­ra op Im­ke se ly­fie ge­rig.

“Dit was baie erg. Ek kon sien my seun het baie, baie seer. Hy en Ilo­na was al­bei el­ke uur van die dag by haar en Da­ri­us het ge­sê sy het in sy arms ge­sterf.”

Jo­han sê hul­le het al­mal weer ’n bie­tjie hoop ge­had vir Im­ke voor­dat sy skie­lik dood is.

“Al­mal het ge­dink dit gaan be­ter met haar. Ons het be­sef sy is siek, maar ons het ge­hoop en ge­bid sy sou deur­trek.

“Im­ke het nog die dag voor haar dood vir Da­ri­us ge­sê sy voel nie meer so baie pyn nie,” sê hy.

In­tus­sen het tal­le men­se van oor die wê­reld heen hul me­de­lye met die fa­mi­lie ge­deel.

“Ons het via Facebook sim­pa­tie ont­vang van men­se in ons ge­meen­skap en van oor die he­le Suid-A­fri­ka heen. Tot men­se in S­wit­ser­land en die VSA het ons al ge­kon­tak. Der­dui­sen­de men­se het ons ge­kon­tak. Dit hou net aan in­kom. Ons is e­wig dank­baar.”

Fo­to: DE­ON RAATH

Da­ri­us Gel­den­huys, sy vrou, Ilo­na, en hul dog­ter­tjie, Im­ke, ten ty­de van ’n on­der­houd met Rap­port in 2016.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.