Flou Bul­le

Co­bus Claas­sen ont­leed span se pro­ble­me

Beeld - - Front Page - Co­bus Claas­sen

’n Man wat ver­kies om sy praat­werk op die rug­by­veld te doen, sal die Blou Bul­le van­jaar in die Cur­rieb e­ker­reeks lei.

Die 24-ja­ri­ge oud-Kru­gers­dor­per Ru­an S­teen­kamp gaan die Lig­blou­es aan­voer. Daar sal na ver­wag­ting la­ter dié week aan­ge­kon­dig word dat dié klip­har­de los­voor­spe­ler, by Lof­tus Vers­feld al­om­be­kend as S­to­ney, die Bul­le se kap­tein gaan wees.

Han­ro Lie­ben­berg, wat in die Su­per­reeks die lei­sels ge­vat het toe A­dri­aan S­trauss be­seer was, was die an­der sterk kan­di­daat, maar ’n en­kel­be­se­ring het ’n vroeë ein­de aan sy sei­soen ge­maak.

S­teen­kamp sal eg­ter weens ’n dy­spier­be­se­ring wat hy teen die S­tor­mers op­ge­doen het, nie vir Sa­ter­dag­aand se ont­moe­ting met die G­rie­kwas oor­weeg word nie.

Boom Prins­loo is in die bin­ne­baan om voor te draf in Kim­ber­ley.

S­teen­kamp se be­se­ring is nie te erns­tig nie en hy sal op sy pos wees vir die Bul­le se vol­gen­de wed­stryd – op 5 Au­gus­tus teen die Goue Leeus op Lof­tus.

Nol­lis Marais, die Bul­le­brei­er, en S­teen­kamp stap al ’n lang paad­jie saam en het al meer as een be­ker saam ver­o­wer.

S­teen­kamp was on­der meer Marais se kap­tein toe die Bul­le in 2014 die na­si­o­na­le o.21-ti­tel teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie op Nu­we­land ge­wen het.

S­teen­kamp het in dié eind­stryd ’n ster­be­laai­de span aan­ge­voer wat na­me soos Dun­can Mat­thews, Jes­se K­riel, Ro­han Jan­se van Rens­burg, Jan­nes Kir­sten, Ja­c­ques du P­les­sis en Roe­lof S­mit in­ge­sluit het.

Dié oud­leer­ling van die Ho­ër­skool Mo­nu­ment was ook die Jong Bok­kies se kap­tein in 2013 se Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi in Frank­ryk.

Ar­no Bo­tha, wie se Bul­le­kon­trak ná die Su­per­reeks ver­stryk het, het die Lig­blou­es ver­le­de sei­soen aan­ge­voer.

Marais sal mô­re sy span aan­wys. Daar moet plaasvervangers ge­soek word vir ses spe­lers wat teen die S­tor­mers in die be­gin­span was – K­riel, Jan Ser­fon­tein, Ti­an S­choe­man, RG Sny­man, Ja­son Jen­kins en S­trauss.

Dit sal in­te­res­sant wees om te sien wie Marais op los­ska­kel gaan kies. Die aan­spraak­ma­kers vir die nr. 10-trui is To­ny Jan­tjies, Ti­nus de Beer en Jos­hua S­tan­der.

Piet van Zyl, I­van van Zyl en An­dré War­ner is die skrum­ska­kels in die Cur­rie­be­ker-groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.