‘Boi­kot Gup­ta­fir­mas’

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Af­ge­vaar­dig­des op die Fu­tu­re of South A­fri­ca-kon­fe­ren­sie het gis­ter ge­vra dat maat­skap­pye met Gup­ta­ban­de ge­boi­kot word en aan­ge­kon­dig dat hul­le ’n veld­tog gaan voer om die Gup­tas se TV-ka­naal, ANN7, van DStv te laat ver­wy­der.

Op die dag­lan­ge kon­fe­ren­sie, wat gis­ter deur die Ahmed Kathra­dastig­ting en Sa­ve SA in die R­he­ma­kerk in Jo­han­nes­burg aan­ge­bied is, is be­raad­slaag oor staatskaping en ka­bi­nets­le­de is aan­ge­moe­dig om die mo­sie van wan­troue in p­res. Ja­cob Zu­ma op 8 Au­gus­tus in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring te steun.

Pra­vin Gord­han, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, het aan Beeld ge­sê hy is een van die par­le­ments­le­de wat op 8 Au­gus­tus “vol­gens sy ge­we­te gaan stem”.

“Staatskaping is ’n erns­ti­ge saak in Suid-A­fri­ka. Dit is ’n erns­ti­ge saak, want o­pen­ba­re geld wat deur die be­las­ting­be­ta­ler by­ge­dra of in die naam van die be­las­ting­be­ta­ler ge­leen is, word weg­ge­ka­na­li­seer tot voor­deel van ’n paar vreem­de­lin­ge en plaas­li­kes,” sê Gord­han.

Dié geld moes ge­bruik ge­wees het om Suid-A­fri­ka­ners se le­we te ver­be­ter, sê hy.

Gord­han en M­ce­bi­si Jo­nas, sy ad­junk, is al­bei deur Zu­ma af­ge­dank in die on­lang­se om­stre­de ka­bi­net­s­kom­me­ling.

Dr. Frank C­hi­ka­ne, voor­ma­li­ge lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK), het die Kathra­dastig­ting be­dank om­dat hy aan die voor­punt staan in die stryd teen staatskaping.

“Hul­le (die­ge­ne be­trok­ke by staatskaping) wil hê ons moet dink hul­le doen dit na­mens die men­se ter­wyl hul­le dit in­der­waar­heid teen die men­se doen,” sê C­hi­ka­ne.

Hy be­skul­dig die­ge­ne wat die staatskaping uit­voer daar­van dat hul­le mil­jar­de ran­de uit die land neem, dit dan “was” en dan na die land laat te­rug­kom om kor­rup­te po­li­ti­ci aan die be­wind te hou.

“Hul­le be­weeg van (ANC-)tak tot tak en koop af­ge­vaar­dig­des om oor­win­ning te ver­se­ker op die ANC se ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber.”

C­hi­ka­ne waar­sku teen die be­ko­king van die ver­kie­sing in 2019 om die par­ty aan die be­wind te hou.

Hy be­skul­dig staat­ska­pers daar­van dat hul­le wets­toe­pas­sings­lig­ga­me ge­bruik om vrees in te boe­sem by die­ge­ne wat hul­le teen kor­rup­sie uit­spreek.

“Van ons het be­gin leef soos wat ons in die a­part­heids­tyd­perk ge­leef het,” sê C­hi­ka­ne.

C­hi­ka­ne moe­dig staats­amp­te­na­re aan om dit te weer­staan om by staatskaping in­ge­sleep te word en om hul­le uit te spreek teen kor­rup­sie.

“Hul­le het ver­geet dat ons ons teen a­part­heid ver­set het; hul­le het ver­geet dat ons on­danks al­les ge­wen het,” sê hy.

Pa­neel­le­de op die kon­fe­ren­sie sê as die ANC na­laat om te lei, moet die men­se die land red.

An­der be­slui­te wat ge­neem is, is dat be­to­gings op 8 Au­gus­tus bui­te die par­le­ment ge­hou gaan word en dat kon­sti­tu­si­o­ne­le me­ga­nis­mes ge­skep gaan word so­dat lands­bur­gers ’n pre­si­dent kan uit­skop.

Pra­vin Gord­han sê hy gaan op 8 Au­gus­tus “met my ge­we­te” stem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.