Par­le­ment te­leur­ge­steld om­dat Sas­sa­hoë weg is

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die par­le­ment is “ui­ters te­leur­ge­steld” oor die ver­trek van Sas­sa se uit­voe­ren­de hoof, maar sal ver­se­ker dat Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (CPS) teen De­sem­ber as diens­ver­skaf­fer vir die uit­be­ta­ling van staats­toe­lae ver­vang word.

Só het Ro­se­ma­ry Ca­pa, voor­sit­ter van die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, gis­ter ge­sê.

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het Maan­dag­mid­dag on­ver­wags aan­ge­kon­dig dat die de­par­te­ment sy ban­de met T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa), ver­breek het.

Dla­mi­ni sal vol­gens Ca­pa bin­ne­kort aan die por­te­feul­je­ko­mi­tee moet ver­dui­de­lik waar­om Mag­wa­za sy werk kwyt is.

Die skok­aan­kon­di­ging het ge­kom kort na­dat T­hem­ba Go­di, voor­sit­ter van die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (S­koor), Maan­dag ont­hul het dat Mag­wa­za doods­drei­ge­men­te ont­vang het.

Mag­wa­za het kort te­vo­re die diens­te van Dla­mi­ni se on­wet­tig aan­ge­stel­de raad­ge­wers, wat pa­ral­lel met Sas­sa se be­stuur ge­werk het, be­ëin­dig. Hy het ook ge­werk aan Sas­sa se be­oog­de kon­trak met die Pos­kan­toor om die uit­be­ta­ling van toe­lae waar­skyn­lik by CPS oor te neem.

Ca­pa het gis­ter ge­sê Mag­wa­za se ver­trek ná net tien maan­de dui op er­ge on­sta­bi­li­teit in die de­par­te­ment “na­dat (Za­ne Dan­gor) die di­rek­teur­ge­ne­raal ook vroe­ër weg is. Dit sal ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op Sas­sa hê”.

Vol­gens Ca­pa is die aan­stel­ling van ’n nu­we diens­ver­skaf­fer eg­ter ’n hof­be­vel.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof moes vroe­ër in­gryp deur CPS se on­wet­ti­ge kon­trak met nog ’n jaar te ver­leng toe dit be­kend ge­word het dat staats­toe­lae aan 17 mil­joen SuidA­fri­ka­ners dalk nie op 1 A­pril 2017 uit­be­taal sou word nie.

Ca­pa sê die nu­we diens­ver­skaf­fer sal al in No­vem­ber aan­ge­stel word en van De­sem­ber in­ge­fa­seer word so­dat hy in­ge­vol­ge die hof­be­vel op 1 A­pril 2018 amp­te­lik kan oor­neem.”

Ca­pa sê die Pos­kan­toor is wel in ’n guns­ti­ge po­si­sie om oor te neem om­dat dit ’n staat­sen­ti­teit is.

“Ons sal ver­se­ker dat die nu­we per­soon wat die mi­nis­ter (as Sas­sa­hoof) aan­stel nie ver­an­de­rings aan­bring of die hof­be­vel min­ag nie.”

Die Black Sash, wat die aan­soek om ’n hof­be­vel by die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in­ge­dien het, het gis­ter ge­sê dit is kom­mer­wek­kend dat se­ni­or staats­amp­te­na­re soos Mag­wa­za en Dan­gor hul pos­te ná doods­drei­ge­men­te en in­ti­mi­da­sie ver­laat het.

Es­ley P­hi­lan­der van die Black Sash sê hul­le is ver­al be­kom­merd oor of ’n nu­we diens­ver­skaf­fer nou be­tyds aan­ge­stel sal word.

Die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) het ge­sê hy hoop die “e­tie­se en hard­wer­ken­de” Mag­wa­za sal nie deur ’n “ma­ri­o­net” ver­vang word wat Dla­mi­ni se “aan­vank­li­ke plan dat staats­toe­lae ten duur­ste deur ’n maat­skap­py met po­li­tie­ke ban­de ver­sprei word om die weg vir ver­de­re plun­de­ring te baan”, sal uit­voer nie.

Die SAKP het Dla­mi­ni gis­ter uit­ge­daag om die pre­sie­se re­des vir Mag­wa­za se ver­trek be­kend te maak om­dat hy “be­kend is vir sy po­si­sie dat die Pos­kan­toor in plaas van ’n pri­va­te maat­skap­py staats­toe­lae moet ver­sprei”.

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.