E­s­kom se sa­ke die af­ge­lo­pe 10 j. fyn on­der­soek

Beeld - - Nuus - Niel Jou­bert

’n Diep­gaan­de, on­af­hank­li­ke on­der­soek gaan na E­s­kom se sa­ke die af­ge­lo­pe tien jaar ge­doen word, sê Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings.

Bro­wn, wat gis­ter die Po­wer-Gen & Dis­tri­bu­tech A­fri­ca-kon­gres in Sand­ton ge­o­pen het, sê die nu­we tus­sen­tyd­se di­rek­sie moet ook tal­le kort­ter­myn­on­der­soe­ke na die krag­ver­skaf­fer se sa­ke doen.

“Hoe­wel dit ’n feit is dat E­s­kom se be­dryfs­ver­to­ning be­dui­dend ver­be­ter het, is E­s­kom be­trek by ’n reeks erns­ti­ge be­we­rings van wan­ad­mi­nis­tra­sie en kor­rup­sie,” sê Bro­wn. “Die be­we­rings het E­s­kom se in­te­gri­teit fun­da­men­teel weg­ge­kal­we.”

Vol­gens Bro­wn het sy on­langs die ant­woor­de wat E­s­kom aan haar ver­skaf, be­gin be­vraag­te­ken.

Sy het daar­om ver­skeie maat­re­ëls in­ge­stel, on­der meer die ver­an­de­ring van die di­rek­sie, en op­drag ge­gee vir ’n amp­te­li­ke on­der­soek na die be­we­rings van “on­be­hoor­li­ke op­tre­de” by E­s­kom die laas­te tien jaar.

Die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid sal die on­der­soek be­har­tig, sê sy.

“Ek het E­s­kom se nu­we tus­sen­tyd­se di­rek­sie ge­vra om se­ke­re kort­ter­myn­on­der­soe­ke van sy eie te doen en aan my ver­slag te doen.”

E­s­kom reik van­dag sy re­sul­ta­te vir die boek­jaar tot ein­de Maart uit.

Die staats­on­der­ne­ming sou aan­vank­lik ver­le­de Dins­dag sy re­sul­ta­te be­kend ge­maak het, maar dit is ver­le­de Maan­dag­aand op die nip­per­tjie uit­ge­stel, na ver­neem word om­dat die ou­di­teu­re pro­ble­me daar­mee ge­had het.

Die ou­di­teu­re het twee on­re­ël­ma­tig­he­de met die re­sul­ta­te by die on­af­hank­li­ke re­gu­le­rings­raad vir ou­di­teu­re (Ir­ba) aan­ge­meld.

Die kwes­sies hou ver­band met B­ri­an Mo­le­fe, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof, en Mats­he­la Ko­ko, wat hom in ’n waar­ne­men­de hoe­da­nig­heid op­ge­volg het.

Mo­le­fe is in die ar­beids- en die hoog­ge­regs­hof in ’n reg­stryd met E­s­kom ge­wik­kel oor of hy be­dank of vroeg pro­beer af­tree het, as­ook oor sy her­aan­stel­ling en daar­op­vol­gen­de af­dan­king.

Ko­ko is op spe­si­a­le ver­lof han­gen­de ’n on­der­soek na moont­li­ke be­lan­ge­bot­sings. Sy stief­dog­ter het be­lan­ge in ’n maat­skap­py wat met E­s­kom sa­ke ge­doen het.

Lyn­ne Bro­wn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.