Par­le­ment, po­li­sie gaan Mak­ho­si K­ho­za be­skerm

Beeld - - Nuus -

Die par­le­ment sal saam met die po­li­sie werk om be­sker­ming aan die ANC-LP dr. Mak­ho­si K­ho­za te ver­leen.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, en T­han­di Mo­di­se, voor­sit­ter van die Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies, het die be­sluit ge­neem ge­grond op ’n vei­lig­heids­ont­le­ding, sê Mo­lo­to Mot­ha­po, woord­voer­der van die par­le­ment, in ’n ver­kla­ring.

Die ont­le­ding het be­ves­tig dat K­ho­za se vei­lig­heid be­dreig word, lui die ver­kla­ring. Die par­le­ment werk met die po­li­sie saam om te ver­se­ker dat K­ho­za so gou moont­lik die no­di­ge steun kry.

K­ho­za het in A­pril doods­drei­ge­men­te be­gin ont­vang. Dit was ná haar skerp kri­tiek oor ’n staats­hos­pi­taal in M­pu­ma­lan­ga wat sy as voor­sit­ter van die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie be­soek het. Sy het meer doods­drei­ge­men­te ont­vang ná haar kri­tiek op p­res. Ja­cob Zu­ma op so­si­a­le me­dia.

“Die par­le­ment ver­oor­deel weer eens die drei­ge­men­te teen dr. K­ho­za en moe­dig die po­li­sie aan om geen steen on­aan­ge­roer te laat om die skul­di­ges aan te keer nie,” sê Mot­ha­po.

– News24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.