Se­pie oor rug­by kry dalk ’n om­ni­bus

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

kykNET oor­weeg dit om na­we­ke ’n om­ni­bus van Ge­troud met rug­by uit te saai vir kykers wat nie na hul guns­te­ling­se­pie in sy nu­we, la­ter tyd­gleuf kan kyk nie.

Kykers hou nie op kla van­dat die se­pie op 10 Ju­lie uit sy 18:30tyd­gleuf na 21:00 ge­skuif is nie.

“Ek gaan som­mer my DStv af­sit, want dis al hoe­kom ek dit ge­had het,” sê Za­nie Op­per­man op Facebook.

“Heel­te­mal te laat,” skryf Lin­da van Zyl. “Ek het nooit ’n e­pi­so­de ge­mis nie, maar 21:00 is heel­te­mal te laat. Nie één per­soon in my he­le vrien­de­kring vind die ver­an­de­ring goed nie! Ons ou­es van dae (vir wie die se­pies die hoog­te­punt van ons dag is) is dan al in die bed.”

Ka­ren Mei­ring, di­rek­teur van kykNET-ka­na­le, sê kykNET pro­beer kykers ge­luk­kig hou wat hul uit­een­lo­pen­de sma­ke oor in­houd be­tref.

Sy sê hul­le oor­weeg dit om ’n om­ni­bus van Ge­troud met rug­by oor na­we­ke uit te saai vir die­ge­ne wat dit in die week mis­loop of nie toe­gang tot Ca­tch Up het nie.

Die be­sluit oor die win­ter­ske­du­le van kykNET (DStv-ka­naal 144) is nie lig­te­lik ge­neem nie, sê Mei­ring.

“Die ske­du­le is aan­ge­pas om ruim­te te skep vir al die nu­we in­houd, as­ook om ons na­week­aan­bod te ver­sterk son­der om e­ni­ge van ons hui­di­ge guns­te­lin­ge te ver­loor.

“Ons is deeg­lik be­wus daar­van dat dit nie al­mal sou pas nie, on­ge­ag wat­ter een van die se­pies ons sou skuif.”

Kykers be­spie­gel in so­si­a­le me­dia oor waar­om Ge­troud met rug­by na ’n la­ter tyd­gleuf ge­skuif is.

“Dink hy gaan weer rof word, dis hoe­kom dit nou weer laat­aand is soos wat hy was,” skryf Sa­lo­mie Op­per­man op Facebook.

“Ons is be­wus van ’n be­hoef­te by kykers aan ver­ha­len­de in­houd la­ter in die aand en daar­om is be­sluit om Ge­troud met rug­by, wat reeds uit ’n week­lik­se dra­ma ont­wik­kel is, la­ter te wys,” ver­dui­de­lik Mei­ring die skuif.

Tal­le kykers skryf op Facebook dat hul­le voort­aan nie meer na die se­pie sal kyk nie om­dat dit net te laat uit­ge­saai word.

“Ja-nee wat, ek kyk ook nie nou meer GMR nie, want dit was ’n heng­se stu­pid be­sluit om dit 21:00 in die aand uit te saai. Die se­pie gaan báie kykers ver­loor,” sê Lin­die de Vil­liers op Facebook.

Mei­ring sê dit is nog te gou om te be­paal wat die im­pak van kykNET se nu­we win­ter­ske­du­le op ky­ker­ge­tal­le is.

▪ Ge­troud met rug­by word week­aan­de om 21:00 op die kykNET-ka­na­le (DStv 144 en 145) uit­ge­saai met her­ha­lings 09:00 sog­gens.

Fo­to: FACEBOOK

Chris­tel van den Bergh ver­tolk die rol van Re­na­te G­reeff en Da­vid Louw is Si­mon G­reeff in die se­pie Ge­troud met rug­by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.