Rap­per en sy vrou ver­wag eer­ste­ling

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Yo­ma word uit­ein­de­lik ’n reg­te ma.

Si­mon en Clau­dia Wit­booi, die rap­per en sy hip-hop-vrou be­kend as He­melBe­sem en Yo­ma, is baie op­ge­won­de oor hul eer­ste­ling.

“Ons het baie uit­ge­sien daar­na, so ek is baie ge­luk­kig,” sê Si­mon.

Die eg­paar is in Mei ver­le­de jaar ge­troud.

Clau­dia put in­spi­ra­sie uit haar swan­ger­skap en werk tans aan ’n nu­we al­bum, Moe­der­taal, waar­op sy van haar er­va­rings deel.

“Daar is meer as net nu­we mu­siek op pad,” het Clau­dia op haar blog vir Rooi ro­se ge­skryf toe sy hul goeie nuus gis­ter­og­gend be­kend ge­maak het.

“Daar is twee har­te wat hier bin­ne my klop. Ek won­der of dit dalk die oor­saak is dat ek meer e­mo­si­o­neel is en soms oor e­nig­iets huil,” skryf sy.

“’n Vrou is in die al­ge­meen ’n e­mo­si­o­ne­le we­se, dit be­gryp ek, maar dis nog­al ’n teer saak om van­af ’n well-com­po­sed sta­te of mind te be­weeg na ’n vlak waar ek am­per geen be­heer oor my lig­gaam en e­mo­sies het nie. Ek kom al 24 jaar met die lig­gaam aan, tog voel dit as­of ons nou eers be­gin ken­nis maak.”

Si­mon het twee dog­ters van agt en tien jaar oud en sê hy gee nie om wat die ge­slag van hul ba­ba is nie. Hul­le weet nog nie wat dit is nie.

Hy sê Clau­dia bly be­sig ge­du­ren­de haar swan­ger­skap.

“Sy doen haar ding. Daar is ’n he­le paar din­ge waar­mee sy be­sig is,” sê hy.

“Sy is heel­te­mal in die haak, het maar die ge­wo­ne goed­jies ge­had,” sê hy oor haar swan­ger­skap.

Hul­le was in Na­mi­bië vir ’n reeks op­tre­des toe Clau­dia be­gin o­lik voel het.

“Ons het ge­won­der wat is fout en sy het die toets ge­doen net voor­dat ek op die sta­ge ge­gaan het by die laas­te op­tre­de die Sa­ter­dag­aand,” sê Si­mon.

Dit was in A­pril in Nar­ra­vil­le, Wal­vis­baai.

“Dit was a­ma­zing dat ons daar uit­ge­vind het,” sê Si­mon. Hy sê dit was geen pro­bleem vir hul­le om op die op­tre­de daar­na te fo­kus nie.

Si­mon is ’n am­bas­sa­deur vir die ATKV se C­res­cen­do-pro­jek en Clau­dia is ook ’n men­tor vir die pro­gram.

Fo­to: FACEBOOK

Si­mon en Clau­dia Wit­booi, die kuns­te­naars be­kend as He­melBe­sem en Yo­ma, op hul trou­dag ver­le­de jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.