Pta­ki­taar­spe­ler se vi­deo wyd ge­deel

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

As hy sy ki­taar in sy han­de het en die mu­siek in sy vin­gers, is hy op ’n heel an­der “vlak” van kre­a­ti­wi­teit wat hom laat glo al­les is moont­lik en die wê­reld is vir hom oop.

Chris­ti­aan Ja­cobsz (20) van P­re­to­ria-Noord was net ne­ge jaar oud toe hy sy eer­ste ki­taar ge­kry het. Die twee was se­dert­dien on­af­skeid­baar.

Vier jaar ge­le­de was Ja­cobsz, toe ’n gr. 10-leer­ling aan die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord, be­sig om hom vir ’n ta­lent­ver­to­ning voor te be­rei toe sy vrien­de ’n vi­deo van hom ge­maak het. Hul­le het dit toe aan­lyn ge­deel en dit is se­dert­dien meer as 180 000 keer ge­deel en ge­kyk.

Die vi­deo van die jong mu­si­kant is op South A­fri­ca Ex­po­sed se Facebook-blad ge­plaas en het re­ak­sie van men­se van oor die wê­reld heen ge­kry.

Ja­cobs z, nou’ n klank in­ge­ni­eurs­we­se-stu­dent in die oos­te van P­re­to­ria, het pas sy eer­ste al­bum uit­ge­reik en hoop om meer te doen.

“Ek hoop om een­dag my eie a­tel­jee te hê, want toe ek my al­bum laat op­neem het, was dit pe­per­duur. Ek weet daar is baie men­se soos ek daar­bui­te wat graag al­bums wil op­neem, maar dit nie kan be­kos­tig nie. Ek wil ’n be­kos­tig­ba­re a­tel­jee oop­maak en an­der mu­si­kan­te help,” het hy ge­sê.

Ja­cobsz er­ken hy luis­ter nie juis na ki­taar­mu­siek nie en het ook nie ’n guns­te­ling-ki­taar­spe­ler nie, maar sy pas­sie vir mu­siek in die al­ge­meen is al wat hom aan­moe­dig om har­der te werk. Hy het tot twee jaar ge­le­de klas­sie­ke les­se in Ann­lin, P­re­to­ria, ge­kry.

Sy al­bum, Die per­fek­te een, is van 7 De­sem­ber ver­le­de jaar op iTu­nes be­skik­baar.

Ja­cobsz het al ty­dens rus­tyd by wed­stry­de op El­lis­park en Lof­tus Vers­feld ge­speel.

Chris­ti­aan Ja­cobsz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.