‘Eers erg aan­ge­rand’

75 kg byt­so­da is glo oor sy lyk uit­ge­gooi

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

’n Af­ge­tre­de po­li­sie­lid se eks­vrien­din en haar drie hand­lan­gers het glo 75 kg byt­so­da oor sy lyk ge­gooi, dit met plas­tiek en kom­ber­se toe­ge­draai en in ’n mangat ge­prop.

Toe Da­nie D­rey­er (62) se lyk by­na ’n week la­ter ge­vind is, was dit reeds so ont­bind en deur die che­mi­ka­lieë ge­vreet dat die oor­saak van sy dood nie be­paal kon word nie.

Die ak­te, wat on­langs in die land­dros­hof in P­re­to­ria op die vier be­skul­dig­des be­te­ken is, dui by “oor­saak van dood” net aan: “On­be­paal­baar met ou­top­sie-on­der­soek al­leen (ribfrak­tu­re en bloot­stel­ling aan che­mie­se byt­stof).”

Lui­dens die hof­do­ku­ment is D­rey­er voor sy dood erns­tig aan­ge­rand.

Estel­le Red­dy (36), Ger­hard Pa­pen­fus (42), Ke­vin John­son (31) en Ru­van Re­gi­o­nald Furst (42) sal in die hoog­ge­regs­hof ver­hoor word op aan­klag­te van moord, roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, regs­ver­y­de­ling, brand­stig­ting en die be­sit van ’n vuur­wa­pen (D­rey­er s’n) en am­mu­ni­sie.

D­rey­er het in 1971 vir die po­li­sie be­gin werk. Hy het by sy uit­tre­de in 1993 in die po­li­sie se fi­nan­si­ë­le af­de­ling ge­werk.

Hy het daar­na ’n on­der­ne­ming, Ja­ka­ran­da Graf­ste­ne, be­gin.

Die hof het te­vo­re in die vier be­skul­dig­des se borg­to­gaan­soek ge­hoor Red­dy het ’n ver­hou­ding met D­rey­er ge­had en ook vir hom ge­werk. Sy het la­ter met haar hui­di­ge man ge­trou.

Konst. Mok­we­na Mo­ja­pe­lo, on­der­soek­be­amp­te, het ge­tuig Red­dy het in­tus­sen ’n ver­hou­ding met Pa­pen­fus aan­ge­knoop.

Lui­dens die ak­te het Red­dy en Pa­pen­fus “deeg­lik be­plan” hoe hul­le D­rey­er in sy huis in Vil­lie­ria, P­re­to­ria, sou be­roof.

Pa­pen­fus het John­son en Furst ge­vra om daar­mee te help. Red­dy het glo die huis se sleu­tels en af­stand­be­heer­der aan die drie mans ver­skaf.

In die Paas­na­week van 2016 is D­rey­er in sy huis aan­ge­val, aan­ge­rand en ver­moor.

Na­dat ver­skeie ar­ti­kels uit die huis ge­steel is, het die ver­dag­tes die mis­daad­to­neel pro­beer skoon­maak.

Hul­le het 75 kg byt­so­da gaan koop, dit oor die lyk ge­gooi, dit in kom­ber­se toe­ge­draai en in Flo­wers­straat, Ca­pi­tal Park, in ’n mangat ge­prop, lui die ak­te.

Hul­le het D­rey­er se slaap­ka­mer, waar hy ver­moe­de­lik ver­moor is, aan die brand ge­steek, ver­moe­de­lik om be­wy­se te ver­nie­tig.

Die staat sal aan­voer dat die be­skul­dig­des met ’n ge­meen­skap­li­ke oog­merk op­ge­tree het.

Red­dy is op 4 A­pril ver­le­de jaar in heg­te­nis ge­neem na­dat sy by die po­li­sie­kan­toor op­ge­daag het, ver­moe­de­lik om te pro­beer vas­stel of hul­le al van die moord weet.

Die po­li­sie sê Red­dy het ná on­der­vra­ging ’n be­ken­te­nis af­ge­lê.

D­rey­er se lyk is toe in die mangat ge­vind. Die brand­weer het dit ver­wy­der.

Pa­pen­fus en John­son is kort daar­na in heg­te­nis ge­neem.

Furst het hom­self ’n week la­ter gaan oor­gee – glo om­dat hy D­rey­er se stem ge­hoor het.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Estel­le Red­dy (36), Ger­hard Pa­pen­fus (42), Ke­vin John­son (31) en Ru­van Re­gi­o­nald Furst (42) vroe­ër in die land­dros­hof in P­re­to­ria.

Da­nie D­rey­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.