Vrou van B­re­das­dorp het glo ver­stik

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

I­da­li van Zyl, wat ver­le­de week Don­der­dag dood op haar toi­let in B­re­das­dorp ge­vind is, het na be­we­ring in haar eie braak­sel ver­stik.

Haar man, Freddie, sê ’n werk­ne­mer by die fo­ren­sie­se af­de­ling van die lyk­huis in Her­ma­nus het Maan­dag aan hom ge­sê dat I­da­li in haar braak­sel ver­stik en ver­smoor het.

“As sy net van die toi­let af ge­val het, sou dit dalk uit haar mond kon val en was sy nog hier,” sê Freddie.

Freddie het aan­vank­lik ge­dink dat I­da­li ge­sterf het weens ’n oor­do­sis aan die dwelm wat as “Li­quid G” of “GHB” be­kend staan.

Hy en I­da­li het dit een keer van­te­vo­re ge­bruik en het Woens­dag­aand die laas­te 8 ml wat hul­le daar­van ge­had het tus­sen hul­le ver­deel.

Die eg­paar se vrien­de het hul­le die dwelm­mid­del ge­gee en die vo­ri­ge keer wat hul­le dit ge­neem het, het dit hul­le baie lief­de­ryk laat voel. Woens­dag het hul­le daar­van ge­neem son­der om voor­af te eet en het ook elk­een meer as ’n bot­tel wyn ge­drink voor­dat Freddie Don­der­dag­og­gend in ’n plas bloed wak­ker ge­word het.

“Ek is in my le­we in ge­skok,” sê Freddie.

“Ek kan nou nog nie glo dit het ge­beur nie. Woens­dag­aan­de is dit ons braai­aand, as ek my wyn­tjie ge­drink het na­dat ek gholf ge­speel het. Dit was my wyn­tjie-aand. Ek kan nie glo dit het so erg ge­gaan dat dit haar le­we ge­kos het nie.”

Hy kan niks van die aand ont­hou van­dat hul­le be­sluit het om fees te vier en nóg ’n bot­tel wyn oop te maak nie.

“Nog nooit het ek my hand vir haar ge­lig nie,” sê Freddie oor be­we­rings dat hy I­da­li ge­slaan het.

“Ons het nooit fi­siek ba­klei nie, ons het maar woor­de ge­had soos e­ni­ge paar­tjie,” sê hy.

In­tus­sen is die hof­saak waar­in Freddie, sy pa, en I­da­li Vry­dag in die han­dels­hof sou ver­skyn uit­ge­stel weens haar dood.

Hul­le is aan­ge­kla van be­drog om­dat Freddie se mo­tor­on­der­ne­ming vol­gens hom per on­ge­luk be­trek is by ’n mo­tor­dief­stal­sin­di­kaat wat deur die Val­ke on­der­soek word.

“Ek weet nie hoe dit met my gaan nie,” sê Freddie. “Die kin­ders is vir my te ge­luk­kig. Ek huil heel­tyd. Ek weet nie of gaan ek oor haar kom nie.

“As daar een ding is wat van I­da­li se dood moet kom, is dit dat men­se gewaarsku moet word oor dwelms,” sê Freddie.

Lt.kol. An­drè Traut, po­li­sie­woord­voer­der, sê dat die lyk­skou­ing deur die de­par­te­ment

Ek is in my le­we in ge­skok. Ek kan nou nog nie glo dit het ge­beur nie.

van ge­sond­heid ge­doen is en dat slegs hul­le die uit­slae daar­van kan be­kend maak.

Beeld het gis­ter­og­gend ’n na­vraag aan die de­par­te­ment ge­stuur oor die oor­saak van I­da­li se dood, maar het teen druk­tyd nog nie ’n ant­woord ge­kry nie.

Freddie en I­da­li van Zyl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.