Fiets­ry­er se dood ’n ‘on­ge­luk’

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Dit was ’n on­ge­luk en nié een waar­van sy kli­ënt weg­ge­jaag het nie, sê die regs­ver­teen­woor­di­ger van die man wat G­reg An­der­son (57), ve­te­raan­berg­fiets­ry­er, na be­we­ring om­ge­ry het.

Ts­he­po Mas­he­go het gis­ter vlug­tig in die land­dros­hof in Wit­ri­vier op aan­klag­te van straf­ba­re man­slag en dronk­be­stuur ver­skyn.

“Ek wil eer­stens na­mens my kli­ënt my me­de­lye met me­neer An­der­son se fa­mi­lie be­tuig,” het K.M. No­ny­a­ne, regs­ver­teen­woor­di­ger van Mas­he­go, bui­te die hof aan Beeld ge­sê.

Hy het ge­sê an­ders as wat in die so­si­a­le me­dia be­rig is, het Mas­he­go nié weg­ge­jaag nie. “Nie­mand be­plan ’n on­ge­luk nie. My kli­ënt het drie uur lank na hulp ge­soek.”

Mas­he­go (28) is Son­dag aan­ge­keer op die to­neel waar die Toyo­ta Tazz waar­in hy ge­ry het, An­der­son ge­tref en sy fiets aan stuk­ke ge­breek het.

“Die mo­tor be­hoort aan my kli­ënt se sus­ter,” sê No­ny­a­ne. Sy aan­soek om borg­tog vir Mas­he­go, wat tans werk­loos is en in Pel­grims­rus woon, is uit­ge­stel so­dat die po­li­sie sy a­dres kan na­gaan.

Mas­he­go, in ’n rooi T-hemp, swart de­nim en tek­kies, het deu­ren­tyd sy ge­sig met ’n sak­doek vir fo­to­gra­we pro­beer ver­berg.

Hy is ná sy hof­ver­sky­ning te­rug­ge­neem na Ha­zy­view, waar hy in aan­hou­ding sal bly tot­dat hy mô­re weer in die hof ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.