Po­li­tie­ke moor­de in KZN: Val­ke soek 2

Beeld - - Nuus -

Die Val­ke is op soek na twee mans wat glo ver­bind kan word met die on­lang­se aan­val­le op po­li­ti­ci in K­waZu­lu-Na­tal.

B­rig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, Val­ke-woord­voer­der, het in ’n ver­kla­ring ge­sê ver­dag­tes wat tus­sen 30 en 40 jaar oud is, kan help om die po­ging tot moord op drie wyks­raads­le­de van die U­m­zim­ku­lu-mu­ni­si­pa­li­teit op te los.

Sin­diso Ma­ga­qa, voor­ma­li­ge se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC­jeug­li­ga, Non­si­ke­le­lo Ma­fa, wyk 11-raads­lid, en Ja­bu M­zi­zi, wyk 16-raads­lid, is op 13 Ju­lie in die I­bi­si-om­ge­wing aan­ge­val. Twee van die ver­dag­tes het in ’n rooi mo­tor ge­vlug.

E­nig­ie­mand met in­lig­ting kan die Val­ke kon­tak. Die on­der­soek­be­amp­te is ao. Beng­in­ko­si Je­za en sy nom­mer is 071 351 7233.

▪ Die taak­span het in­tus­sen ’n man aan­ge­keer weens die moord op M­bhe­ki­se­ni K­hu­ma­lo (57), ’n voor­ma­li­ge ANC-wyks­raads­lid van die uP­hon­go­lo-mu­ni­si­pa­li­teit. K­hu­ma­lo is in De­sem­ber dood na­dat hy tal­le ke­re deur ’n aan­val­ler tuis in K­wa­lu­bi­si ge­skiet is. Beng­in­ko­si Ja­cob T­wa­la (51) het gis­ter vlug­tig in die land­dros­hof in Pon­go­la ver­skyn.

– Ni­co Gous

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.