Só woel die land

‘Stap in an­der se skoe­ne’ – Ma­chel

Beeld - - Nuus -

“Dit is net die be­gin van die werk­li­ke reis na die vry­he­de waar­op ons al­mal ge­reg­tig is.”

Met dié woor­de het Graça Ma­chel, oud­pres. Nel­son Man­de­la se we­du­wee, so­wat 1 000 men­se ge­nooi om saam met haar en an­der ak­ti­vis­te aan ’n stap­tog in Kaap­stad se mid­de­stad deel te neem.

Ma­chel het saam met voor­ma­li­ge pre­si­den­te en die B­rit­se sa­ke­man sir Ri­chard Bran­son van die Pa­ra­de na die Kaap­stad­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum ge­stap.

Sy het die ska­re op die Pa­ra­de toe­ge­spreek en daar is eers ge­sing om Man­de­la se ver­jaar­dag te vier voor­dat die stap­pe­ry net voor 14:00 be­gin het.

“Ek is se­ker waar ook al hy nou is, straal hy van blyd­skap om te weet dat ons steeds ’n die­pe lief­de vir hom het,” het Ma­chel ge­sê. Die ge­leent­heid is ge­hou om tien jaar te vier se­dert Man­de­la die hu­ma­ni­tê­re or­ga­ni­sa­sie The El­ders met voor­ma­li­ge staats­hoof­de, amp­te­na­re en ak­ti­vis­te be­gin het.

Daar­by is die wê­reld­wye Walk To­get­her-veld­tog be­gin en sal dit oor die vol­gen­de jaar tot Man­de­la se 100ste ver­jaar­dag in 2018 duur.

Met dié veld­tog be­plan The El­ders om Man­de­la “se lang stryd om vryheid voort te sit” deur die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing in kwes­sies van vre­de, ge­sond­heid, ge­reg­tig­heid en ge­lyk­heid te steun.

Ma­chel het be­na­druk dat die dag se stap­tog en die veld­tog daar­op fo­kus om jou in ie­mand an­ders se skoe­ne te plaas en sy om­stan­dig­he­de te ver­staan.

Van die an­der le­de van The El­ders wat aan die stap­tog deel­ge­neem het, is Ma­ry Ro­bin­son, voor­ma­li­ge pre­si­dent van Ier­land en VN-kom­mis­sa­ris vir men­se­reg­te van 1997 tot 2002, Ri­car­do La­gos, voor­ma­li­ge pre­si­dent van C­hi­li, Gro Brundt­land, voor­ma­li­ge eer­ste mi­nis­ter van Noor­weë, Mart­ti A­hti­saari, voor­ma­li­ge pre­si­dent van Fin­land en wen­ner van die No­bel-prys vir vre­de, en Hi­na Ji­la­ni, ’n ad­vo­kaat en men­se­reg­te­ak­ti­vis van Pa­ki­stan.

Bran­son het hom as ’n lid van The El­ders se ad­vies­raad aan­ge­sluit en saam met Ma­chel, Ro­bin­son en Ji­la­ni voor ge­stap.

Man­de­la­dag is gis­ter op ver­skil­len­de ma­nie­re oor die land heen ge­vier en men­se in al­le sfe­re van die sa­me­le­wing het 67 mi­nu­te van hul tyd aan hul me­de­mens af­ge­staan. Hier is ’n ky­kie na wat ge­doen is:

Gau­teng

▪ Sol­ly M­si­man­ga, uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van die Tshwa­ne­me­tro, het by die Si­net­hem­bak­leu­ter­skool in Win­ter­veld speel­goed uit­ge­deel en sop en brood by die Rek­gon­ne Old Age Club in Ham­mans­kraal be­dien.

▪ Le­de van die Gau­teng­se de­par­te­ment van ver­voer en van ge­meen­skaps­vei­lig­heid, die po­li­sie, die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie, ver­skeie ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rums, or­ga­ni­sa­sies son­der wins­be­jag en le­de van die ge­meen­skap het ver­keer­stre­pe by ’n groot krui­sing op die Sout­pan­pad in Ham­mans­kraal ge­verf.

Vry­staat

▪ Die To­rings van Hoop-pro­jek in Bloem­fon­tein het tal­le min­der­be­voor­reg­tes met ’n ete, lek­ker­goed en toi­let­wa­re be­derf.

▪ Die Pant­ser­skool in Tem­pe en sol­da­te van 44 Val­skerm­re­gi­ment het die To­rings van Hoop-ge­meen­skap ge­help om vul­gê­re en on­wet­ti­ge plak­ka­te in die stad te ver­wy­der en die kerk en die stra­te daar­om skoon te maak.

▪ Per­so­neel­le­de van Volks­blad het pot­lood­sak­kies vir die aan­lyn­kle­re­win­kel S­pree ge­maak. Die op­brengs op dié kleur­ry­ke sak­kies gaan aan lief­da­dig­heid ge­skenk word.

▪ Die Li­fe Ro­se­park-hos­pi­taal in die stad het saam met Fee­dem, die hos­pi­taal se spy­se­nie­rings­diens, ver­skeie goe­de­re in­ge­sa­mel en aan E­den Chris­ti­an Mi­nis­tries oor­han­dig.

▪ Die Bloem­fon­tein­se DBV het in­en­tings vir net R67 aan­ge­bied. ▪ Sam Mashi­ni­ni, Vry­staat­se LUR vir po­li­sie, paaie en ver­voer, het die skou­er van die R30 in die Ma­si­lo­ny­a­na-mu­ni­si­pa­li­teit by T­heu­nis­sen saam met amp­te­na­re skoon­ge­maak en ge­skraap. Mashi­ni­ni en per­so­neel­le­de van Na­thi Con­structi­on het ook die gras in die plaas­li­ke be­graaf­plaas ge­sny.

▪ Amp­te­na­re van die de­par­te­ment van e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling, klein­sa­ke, toe­ris­me en om­ge­wings­be­wa­ring het skool­kle­re aan 70 leer­lin­ge van die La­er­skool Kraan­vo­ël­vlak­te in Oran­je­vil­le ge­skenk, die skool se gras ge­sny, bo­me ge­snoei, verf­werk ge­doen en kos­pak­kies aan ge­sin­ne uit­ge­deel.

▪ Die pro­vin­si­a­le te­sou­rie en die Let­se­meng-mu­ni­si­pa­li­teit, in sa­me­wer­king met S­hop­ri­te C­hec­kers, het so­wat 600 be­jaar­des by ’n sop­kom­buis in Pe­trus­burg be­derf en 25 hui­se op Wan­da Farm bui­te Luck­hoff skoon­ge­maak en ge­verf.

Wes­Kaap:

▪ In Kaap­stad het die po­li­sie, die Des­mond Tu­tu-stig­ting en die or­ga­ni­sa­sie Youth@Work sop en brood uit­ge­deel aan die ha­we­lo­ses wat na­by die Pa­ra­de nag­skui­ling vind.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Le­de van die Gau­teng­se de­par­te­ment van ver­voer en van ge­meen­skaps­vei­lig­heid, die po­li­sie, die Tshwa­ne­me­tro­po­li­sie, ver­skeie ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rums, or­ga­ni­sa­sies son­der wins­be­jag en le­de van die ge­meen­skap het gis­ter­og­gend ver­keer­stre­pe by ’n groot krui­sing op die Sout­pan­pad in Ham­mans­kraal ge­verf as deel van die Man­de­la­dag­vie­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.