Ge­skors­te SAUK­hoof mis­luk; tug­saak gaan voort

Beeld - - Nuus -

Ja­mes A­gu­ma, die ge­skors­te waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van die SAUK, se ver­soek om sy dis­si­pli­nê­re ver­hoor ter­sy­de te laat stel, is gis­ter af­ge­keur.

Os­bor­ne Mo­la­tun­di, A­gu­ma se regs­ver­teen­woor­di­ger, het aan­ge­voer die SAUK en sy pro­ku­reur, San­di­le Ju­ly, het hul­le nie die no­di­ge do­ku­men­te ge­gee om die ver­hoor te laat voort­gaan nie.

Ta­ki Ma­di­ma, voor­sit­ter, het eg­ter be­slis die ver­hoor moet voort­gaan.

Hy het die SAUK be­veel om die do­ku­men­te wat Mo­la­tun­di ver­soek het bin­ne 30 mi­nu­te te ver­skaf. Hy het ge­sê dit moet be­skik­baar wees vir e­nig­ie­mand wat dit soek.

A­gu­ma staan nou te­reg op tien aan­klag­te, wat on­der meer on­eer­lik­heid, kon­trak­breuk, oor­tre­ding van die SAUK se ge­drags­ko­de en die ver­y­de­ling van dis­si­pli­nê­re op­tre­de teen Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge SAUK-be­dryfs­hoof, in­sluit.

A­gu­ma is ook ge­skors om­dat hy Mot­soe­neng toe­stem­ming ge­gee het om ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie te hou na­dat hy ge­skors is. – News24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.