ATKV wil nou sy vler­ke sprei

‘Jy is di­vers wan­neer jy die ek­stra myl loop’

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Die ATKV wil ’n wy­er ge­meen­skap as nét die A­fri­kaan­se ge­meen­skap be­reik en glo dat deur an­der ta­le in te sluit hy meer in Suid-A­fri­ka vir na­sie­bou kan doen.

Sy wil brûe bou en ’n verskil in die land maak, sê Dei­d­re le Ha­nie, uit­voe­ren­de hoof van die ATKV. Sy het so­wat drie maan­de ge­le­de die lei­sels by Ja­pie Gouws oor­ge­neem.

Le Ha­nie het Maan­dag op ’n me­dia­ge­sprek haar vi­sie oor die ATKV ge­deel en ver­al ge­fo­kus op die pro­jek A­fri­kaans PLUS.

Die pro­jek kom daar­op neer dat die ATKV an­der A­fri­ka­ta­le in ver­al sy on­der­wys­pro­jek­te wil in­sluit. Hy be­reik nie ge­noeg men­se nie en kan met sy ge­ves­tig­de pro­jek­te en in­fra­struk­tuur baie meer doen.

“Met A­fri­kaans PLUS sê ons ons is trots A­fri­kaans, maar ons is nie self­sug­tig nie.”

Die ATKV be­reik jaar­liks

600 000 kin­ders, maar wat van die res? vra sy. “Daar is ’n be­hoef­te om ver­der uit te reik en meer le­wens aan te raak. Ons is trots op dit wat ons ge­doen het, maar saam kan ons meer doen.

“As dit nie was dat ons land so ’n kri­sis ge­had het nie, as die nood nie daar was nie, glo ek nie ek sou by die ATKV aan­ge­sluit het nie, want wat sou daar vir my ge­wees het om te doen? Ek kan nie net aan­gaan soos al­tyd nie – ek moet ’n verskil kan maak.”

In ’n o­pen­har­ti­ge on­der­houd met Beeld ná die me­dia­ge­sprek het sy ge­sê dit gaan vir haar oor re­spek vir haar me­de­mens en dat taal ’n ma­nier is om daar­die re­spek te kry. “Hoe de­mon­streer ’n mens reg­tig re­spek vir ie­mand? As jy hom in sy taal kan aan­spreek, nie waar nie? In ons land het ons baie ja­re net A­fri­kaans of En­gels af­ge­dwing.

“Wat sal dit nie vir al ons an­der A­fri­ka-spre­kers be­te­ken as ons min­stens een A­fri­ka­taal mag­tig is nie? Is dit nie na­sie­bou nie? Is dit nie re­spek de­mon­streer nie? Is dit nie in­klu­sief wees nie? Jy’s nie di­vers as jy net twee ta­le kan praat nie. Jy is di­vers wan­neer jy daar­die ek­stra myl loop.”

Sy sê dit be­gin by die huis – van die taal in jou huis praat, tot gods­diens aan jou kin­ders leer. “So ons eie or­ga­ni­sa­sie gaan nou deur daar­die der­de­taal­klas­se. Ons be­gin by die huis. Ek ook.

“Ek glo as al­mal net hul deel doen. Dit be­te­ken nie jy kan op­stel­le skryf en ek­sa­men­vra­e­stel­le be­ant­woord nie – dit be­te­ken net jy kan ’n re­spek­vol­le ge­sprek voer. Ie­mand groet, te­rug­praat, mooi praat, ’n pro­bleem ver­dui­de­lik, wat ook al. Daar­die ba­sie­se be­grip­pe kan deel.”

Sy sê sy kan nie van le­de ver­wag om ’n der­de taal te leer nie, maar wil dit in die ATKV be­gin.

“As ons dit bin­ne-in die ATKV le­we; as ons tak­struk­tu­re daar­die vi­sie uit­leef, dan gaan dit tog aan die ein­de van die dag by die le­de uit­kom. Dit sal tak­ke meer ver­teen­woor­di­gend maak. As ons nie daar­die ta­le kan praat nie, sal ons suk­kel om daar te be­stuur, sou ek dink. Dis om brûe te kan bou en te kan stap.”

Haar per­soon­li­ke mik­punt is om 1 mil­joen le­de teen Fe­bru­a­rie 2018 te hê.

Wat sê sy aan die A­fri­kaan­se ge­meen­skap wat voel hul taal is in die ge­drang?

“Ek wil graag sê dat die ATKV steeds die A­fri­ka­ner se kul­tuur­tuis­te is. Niks van dit is weg­ge­vat nie. Dit is wat ons ad­di­si­o­neel gaan doen – die plus. Ek glo dat ons A­fri­kaan­se ge­meen­skap ’n hart daar­voor het. Ek dink nie hul­le gaan voel iets word van hul­le weg­ge­neem nie, maar hul­le gaan voel as ’n A­fri­kaan­se ge­meen­skap dra ons by tot die uit­da­gings in ons land en om dit op te los. So ek dink dit gaan eer­der trots skep.”

Sy is op­ge­won­de oor dié rol en ook “erns­tig oor die rol wat die ATKV speel en die toe­koms­ti­ge rol wat ons be­hoort te speel”.

“Ek voel ek is in ’n be­voor­reg­te po­si­sie en daar­mee saam kom baie ver­ant­woor­de­lik­heid. Ons le­de wat ons ge­bring het tot waar ons van­dag is, moet weet hul­le is deel van die vi­sie.

“Hul­le moet ons help om die vi­sie uit te leef. Hul­le was al­tyd ge­trou. Ons sal al­tyd groot waar­de­ring hê vir A­fri­kaans, want A­fri­kaans is ons kul­tuur­tuis­te. Dit is die PLUS wat die verskil gaan maak.”

Fo­to: CORNEL VAN HEERDEN

Dei­d­re le Ha­nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.