Skool­hoof wil glo ver­lof neem ná twee in brand sterf

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Da­nie le Roux, hoof van die La­er­skool Paarl Gim­na­si­um, gaan moont­lik nie Maan­dag op sy pos by die skool wees nie.

Die Wes-Kaap­se on­der­wys­de­par­te­ment het gis­ter by aan­vank­li­ke na­vraag ge­sê Le Roux gaan ses maan­de on­be­taal­de ver­lof neem.

Die ver­lof is deur B­ri­an S­chreu­der, die de­par­te­ment se hoof van on­der­wys, goed­ge­keur.

S­chreu­der het la­ter ge­sê Le Roux het hom ge­kon­tak oor die moont­lik­heid van ver­lof son­der be­ta­ling.

“Ek het aan­ge­dui dat die de­par­te­ment dit in al­mal se be­lang guns­tig sal oor­weeg. Dit is nog nie for­meel goed­ge­keur nie, want ons wag nog op die for­me­le aan­soek en mo­ti­ve­rings van al­le be­trok­ke par­tye.”

Die de­par­te­ment het aan­vank­lik ge­sê Le Roux het as re­de aan­ge­voer dat hy die tyd no­dig het om die si­tu­a­sie om hom te han­teer.

Pad­dy Att­well, woord­voer­der van die de­par­te­ment, het aan­vank­lik ge­sê hul­le het geen in­sae ra­ken­de die skool se be­heer­lig­gaam en Le Roux se on­der­han­de­lin­ge nie. Die be­heer­lig­gaam was gis­ter nog nie be­wus dat Le Roux ses maan­de on­be­taal­de ver­lof toe­ge­staan is nie.

Ca­rien van Dy­ke, voor­sit­ter van die be­heer­lig­gaam, sê: “Ek kan ook be­ves­tig dat die be­heer­lig­gaam Le Roux nie ses maan­de se sa­la­ris aan­ge­bied het nie en dat geen aan­soek om ver­lof in­ge­dien is nie.”

Sy vrou, Eloi­se, het gis­ter in ’n SMS ont­ken dat haar man met on­be­taal­de ver­lof gaan.

Le Roux het nie op te­le­foon­op­roe­pe of W­hat­sApp-bood­skap­pe ge­re­a­geer nie.

Hy het in die me­dia be­kend ge­word na­dat ge­rug­te die ron­de be­gin doen het dat hy ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding met Su­ni­ta van Dyk (32), ’n on­der­wy­se­res by sy skool, ge­had het. Su­ni­ta en haar man, Ja­c­ques (30), het op 10 Mei in hul huis op die plaas Jak­hals­vlei bui­te Wel­ling­ton dood­ge­brand.

Fo­to: FACEBOOK

Eloi­se en Da­nie le Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.