10111­sta­king gaan van­dag voort, sê u­nie

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Van­dag se ver­wag­te sta­king by die po­li­sie se na­si­o­na­le 10111-nood­nom­mer sal vol­gens die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­si­eu­nie (Sa­pu) soos be­plan voort­gaan.

“Ons le­de sal tot mid­der­nag werk, waar­na die po­li­sie ’n an­der plan kan maak,” het Os­car S­kom­me­re, die vak­bond se hoof­se­kre­ta­ris, gis­ter­aand ge­sê.

Die dis­puut spruit uit ’n be­sluit deur genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, voor­ma­li­ge na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, om ’n taak­span aan te stel om die be­trok­ke per­so­neel­le­de se pos­te te e­va­lu­eer, wat die ver­wag­ting ge­skep het dat hul­le sa­la­ris­ver­ho­gings sal kry.

“Ons het nou on­ge­luk­kig al­le in­ter­ne pro­ses­se uit­ge­put en hoor niks van die po­li­sie se kant af nie. Hul­le is nie be­sig om by hul eie be­lof­tes te hou nie en ons le­de het ge­volg­lik op 28 Ju­nie ten guns­te van die sta­king ge­stem,” sê S­kom­me­re.

Vol­gens hom was die wer­kers “ver­baas” toe die po­li­sie van die in­stel­ling van die nu­we sa­la­ris­skaal pro­beer weg­skram het en bly hul deu­re oop vir ver­de­re sa­me­spre­kings.

Hy het gis­ter ge­sê die po­li­sie is dien­oor­een­koms­tig met die wet van die sta­king in ken­nis ge­stel en die bal is nou in hul han­de.

“Ons is be­reid om hof toe te gaan in­dien no­dig, maar ons wag en kyk eers wat die po­li­sie Woens­dag (van­dag) doen voor­dat ons e­ni­ge ver­de­re stap­pe sal be­spreek.”

Genl.maj. Sal­ly de Beer, na­si­o­na­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie is be­wus van die be­plan­de sta­king en het ge­beur­lik­heids­plan­ne om te sorg dat die 10111-nom­mer soos nor­maal kan funk­si­o­neer. Vol­gens haar het die po­li­sie reeds gis­ter­aand le­de van die po­li­sie se een­heid vir sig­ba­re po­li­si­ë­ring na­der­ge­trek om die 10111-lyn te be­man.

“Ons is be­wus dat die po­li­sie be­sig is om po­li­sie­be­amp­tes te dwing om in die plek van ons le­de te werk en hoor hul­le het ook kri­sis­op­lei­ding in hier­die veld ont­vang. Ons weet wat hul­le be­plan en sal maar sien hoe din­ge Woens­dag gaan,” sê S­kom­me­re.

Vol­gens hom wei­er die po­li­sie om die 10111-werk­ne­mers, wat tans in­ge­vol­ge die S­taats­diens­wet aan­ge­stel is, te be­vor­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.