Dié vra­te luis­ter na die mis­tiek van boe­ke . . .

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

Ek is ’n on­be­keer­ba­re boek­vraat en as daar bieg­hok­kies daar­voor was, sou ek ’n le­wens­lan­ge sei­soen­kaart­jie vir toe­gang by die bieg­va­ders ge­had het.

Net nou die dag wou my vraat­skap ’n nu­we wen­ding neem. Pro­beer by ’n boek­uit­ver­ko­ping ver­by sluip, maar die boek­mag­neet kry my beet. Ek vroe­tel tus­sen die boe­ke en sien hom/haar! So ’n dun gry­se­tjie, If I We­re a Book, deur José Jor­ge Le­tria. Net toe ek dit vir my wil toe­ëi­en, doen ie­mand an­ders dit; lê be­slag op mý boek! Wou-wou net vlam vat, maar re­de se­ë­vier: Daar is dalk nog men­se soos jy. Boek­vra­te.

Be­stel toe die boek. Op el­ke blad­sy is ’n sin­ne­tjie wat be­gin met: “As ek ’n boek was . . .” met ’n ge­pas­te il­lus­tra­sie. By­voor­beeld ’n boek lê op ’n park­bank en ’n man sê: As ek ’n boek was, sou ek ie­mand in die straat ge­vra het om my huis toe te neem. Of: As ek ’n boek was, sou ek ’n wol­ke­krab­ber in die stad van woor­de ge­wees het. Of: ’n Dier in die vorm van ’n boek met vier po­te en ’n stert met dié woor­de daar­by: As ek ’n boek was, sou ek graag my eie ma­gie­se plek in ’n kind se ver­beel­ding wou hê.

Jy dink mos nou a­ni­mis­ties soos ’n kind in ’n se­ke­re Pi­a­get-fa­se, sou be­ter­we­ters sê. Kan so wees.

Daar­om neu­rie ek graag Neil Di­a­mond se: “You are the sun,

I am the moon /

You are the words,

I am the tu­ne / Play me . . .” Dit prik­kel die ver­beel­ding en an­der din­ge ook. Pro­beer ge­rus.

Ek moet eg­ter toe­gee boek­vra­te ís vreemd. Van vroeg af al word hul­le be­spot. ’n Hout­snee­werk deur Al­brecht D­ü­rer in die 14de eeu ti­peer die boek­vraat as ’n soort nar – ’n be­bril­de man met ’n slaap­mus op sy kop om sy don­kie-ore te ver­berg. Hy is om­ring van boe­ke in wan­kel­ri­ge sta­pels op die les­se­naar, bin­ne-in laaie en bo-op kas­te. Met nog meer op die vloer soos hel­len­de to­rin­kies van Pi­sa.

Van­dag se boek­vra­te is nie meer so nie. Vir eers is die voor­stel­ling van “die man” as boek­vraat ’n be­we­se mis­vat­ting. Vrou­li­ke boek­vra­te, wat daar nog al­tyd was, flo­reer nou en is o­pen­lik vraat­sig.

Boek­vra­te bly eg­ter ei­en­aar­dig. Steeds boek­be­hep, vol snuf­fel­ver­nuf en ver­sa­mel­drif.

Jy sien hul­le soms in mo­der­ne boek­win­kels, maar hul­le is tui­ser in die muw­we kon­trei van twee­de­hand­se boek­win­kels – by die pre-o­w­ned boe­ke soos daar dees­dae van mo­tors ge­praat word. Boek­vra­te own hul boe­ke vir al­tyd. As die kerk boe­ke ver­lang vir die ba­saar, pak ek ruim­har­tig ’n he­le boks vol en ry kerk toe. Net daar kry ek skei­ding­sangs en koop my boks boe­ke te­rug. En an­der – vir die ge­we­te.

Be­soek ’n boek­vraat se huis en jy is dik­wels oor­bluf oor die “or­de”. De­wey en an­der lo­gie­se rang­skik­kers sal nie hul pad in dié dool­hof vind nie. Maar kyk weer en vra uit.

Want die boek­vraat ge­hoor­saam juis die mis­tiek van boe­ke; dat o­ën­skyn­lik on­ver­wan­te boe­ke met me­kaar praat; en daar­om by­me­kaar hoort en staan en lê – sy aan sy soos ’n man en ’n vrou wat me­kaar lief­het.

Ek moet eg­ter toe­gee boek­vra­te ís vreemd. Van vroeg af al word hul­le be­spot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.