13 ge­booie vir A­fri­kaans is gras­halms

Beeld - - Kommentaar - T­heo van der Mer­we, P­re­to­ria

Ek sou my kop in skaam­te laat sak het as ek in Jo­hann van der West­hui­zen se skoe­ne ge­staan het en deel was van die uit­fa­se­ring van A­fri­kaans by die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (“Der­tien ge­booie wat A­fri­kaans kan red, 15.07).

Wat my die mees­te van sy skry­we ont­stel, is dat hy sy ra­si­o­na­li­sa­sie vir sy aan­da­dig­heid teen­oor A­fri­kaans­spre­ken­des pro­beer reg­ver­dig.

Dit wil ook vir my voor­kom as­of hy kou­sa­li­teit pro­beer om­seil, dit wil sê oor­saak en ge­volg word ge­ïg­no­reer. Ek dink ons moet baie eer­lik met me­kaar wees oor wat die uit­fa­se­ring van A­fri­kaans aan u­ni­ver­si­tei­te be­te­ken. Ek noem ’n paar oog­lo­pen­de ge­vol­ge: Die ont­wik­ke­ling van A­fri­kaan­se vak­taal sal tot stil­stand kom, wat ’n be­lang­ri­ke ver­eis­te vir e­ni­ge mo­der­ne taal se voort­be­staan is; A­fri­kaan­se sko­le sal toe­ne­mend ver­en­gels, want ou­ers wil ver­se­ker dat kin­ders En­gels goed on­der die knie het vir u­ni­ver­si­teits­op­lei­ding en uit­slui­ting sal hier toe­ne­mend ter spra­ke kom; en A­fri­kaan­se koe­ran­te sal ver­der on­der druk kom. Die ge­vol­ge vir die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de hoef ek nie uit te stip­pel nie. Dit is dui­de­lik uit Van der West­hui­zen se be­toog dat die Grond­wet, waar­op ons so­veel hoop ge­ves­tig het, nie meer­ta­lig­heid in SuidA­fri­ka be­vor­der nie. Die ANC het hul lig­ge­wig-teen­stan­ders met die kous oor die kop huis toe ge­stuur. Van der West­hui­zen aan­vaar dit ge­la­te en gryp na gras­halms (13 ge­booie) om hom­self te sus.

Gedwon­ge se­gre­ga­sie en gedwon­ge een­ta­lig­heid is vir my kan­te van die­self­de munt. Dit is niks an­ders as maat­skap­li­ke in­ge­ni­eurs­we­se nie: Die staat be­sluit wat vir men­se goed is, met wie hul­le mag as­so­si­eer en waar hul­le wat­ter taal mag praat. Dit is vir my to­ta­li­têr en on­ver­soen­baar met die gees van die Grond­wet.

Jo­hann van der West­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.