Pol­lock moet om ver­sko­ning vra

Beeld - - Kommentaar - Mar­tin B. Ta­ren­taal, So­mer­set­Oos

Ek het groot re­spek vir Gra­e­me Pol­lock as mens en kol­wer, maar ná sy me­ning dat die Pro­te­as mid­del­ma­tig sal bly as ge­kleur­de spe­lers in die span in­ge­sluit word, het my re­spek vir hom tot nul ge­daal.

Hy sê by im­pli­ka­sie al­le ge­kleur­de spe­lers is mid­del­ma­tig. Punt. Se­la.

As ’n so­ge­naam­de ge­kleur­de (K­hoi­san) maak dit my diep seer as daar ’n sie­ning is, en dit kom van ie­mand soos Pol­lock, wat ’n ge­sie­ne per­soon is en wie se me­nings ge­wig dra, dat ons mid­del­ma­tig is en nie in die hoof­a­re­na van krie­ket hoort nie.

Wat hy by im­pli­ka­sie sê, is: As daar nie po­li­tie­ke in­men­ging was nie, sou die Pro­te­a­span le­lie­wit ge­wees het soos in sy era en sou die span nie mid­del­ma­tig ge­wees het nie.

Dit is sul­ke stel­lings wat ras­se­har­mo­nie be­dui­wel en dan wil men­se dit reg­ver­dig met al­ler­lei swak ver­sko­nings.

Dis ’n sie­ning van: “Jul­le is nie in ons klas nie.” En ons weet al­mal waar kom dié sie­ning van­daan.

Ek eis dat Pol­lock on­voor­waar­de­lik ver­sko­ning vra aan al­le ge­kleur­de sport­men­se in die al­ge­meen en spe­si­fiek al­le ge­kleur­de in­wo­ners van die land vir hier­die ver­ne­de­ren­de stel­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.