So ge­praat van ge­duld . . .

Beeld - - Kommentaar - I. Fou­rie, Wa­pad­rand

Die Tshwa­ne-me­tro­raad doen ’n be­roep op in­wo­ners om “ge­dul­dig te wees” met al­bei li­sen­sie­kan­to­re wat ge­sluit is weens dief­stal.

Gaan die o­wer­he­de ook ge­dul­dig wees in­dien ek met ’n on­gel­di­ge ry­be­wys rond­ry? Op al­bei be­soe­ke aan die kan­toor in Bronk­horst­spruit is ons weg­ge­wys, aan­ge­sien hul­le reeds hul “kwo­ta” vir die dag ver­werk het. Die laas­te keer is ons aan­ge­sê om vroeg die vol­gen­de og­gend by die bur­ge­mees­ter te gaan toi-toi, want hy het die “bud­get” en die men­se om ons te help. Ons was net voor half­drie daar, maar die kan­toor was ge­sluit en daar het nog vier men­se bin­ne ge­wag.

Die feit dat dit tyd en geld kos, pla blyk­baar nie­mand nie. My ry­be­wys ver­val vol­gen­de maand. Sal die o­wer­he­de aan­vaar dat ek my bes pro­beer het?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.