Plant nu­we ba­kens

Die Voor­trek­kers staan van­jaar weer voor ’n be­lang­ri­ke keu­se. As A­fri­ka­ner­kul­tuur­be­we­ging moet hy kies tus­sen kul­tu­re­le by­wo­ner­skap of kul­tu­re­le ei­e­naar­skap in Suid­A­fri­ka, sê Da­nie Lang­ner.

Beeld - - Middelblad -

Wie kan jong men­se kwa­lik neem as hul­le twy­fel oor die toe­koms van A­fri­ka­ner­skap?

Hoe kan hul­le op­ge­won­de wees oor A­fri­ka­ner­skap as C.R. Swart se stand­beeld uit­ge­bei­tel en in ’n vis­dam ge­gooi word? As Paul Kru­ger op Kerk­plein met pe­trol­bom­me be­stook word? As An­dries P­re­to­ri­us, Chris­ti­aan de Wet en Koos de la Rey skaars voet­no­tas in die skool­kur­ri­ku­lum is? Of as die Zup­tas staats­ba­tes vin­ni­ger plun­der as wat ’n tie­ner­seun ’n ys­kas leeg­maak – en dan die skuld op a­part­heid pak?

Voor­dat ons die splin­ter soek, moet ons nie blind wees vir die balk in eie oog nie.

Laat ons eer­lik vra of A­fri­ka­ners van­dag nie skaam­te­loos skaam vir A­fri­ka­ner­skap ge­word het nie. Het A­fri­ka­ners nog die kul­tu­re­le self­ver­troue om re­spek vir ons taal en erf­goe­de­re te eis?

Doen A­fri­ka­ners ge­noeg moei­te om ons kin­ders trots te maak op hul kul­tuur­i­den­ti­teit?

Kul­tu­re­le by­wo­ners leef met ’n eks­kuus-dat-ek-A­fri­ka­ner-is-hou­ding. Kul­tu­re­le by­wo­ners buig hul nek met ’n traak-my-nie-ag­ti­ge on­be­trok­ken­heid en ’n on­der­da­ni­ge po­li­tiek-kor­rekt­heid en ont­ken met ’n koers­lo­se ge­la­ten­heid eie ver­ant­woor­de­lik­heid wan­neer dit by A­fri­ka­ner­kul­tuur kom.

Kul­tu­re­le by­wo­ners se in­stand­hou­dings­den­ke en weg van die min­ste weer­stand is son­der twy­fel die mak­li­ker pad. Dit is ook die pad van ’n kul­tuur wat kort voor lank in ’n dood­loop­straat be­land, boe­del oor­gee en uit­ein­de­lik hul kul­tu­re­le self­dood ad­mi­nis­treer.

‘Gee my die ber­ge!’

Op die ou­der­dom van 40 het Ka­leb en Jo­sua God en die toe­koms ge­sien. Die an­der ver­spie­ders in Ka­na­än het reu­se en pro­ble­me ge­sien. Jo­sua en Ka­leb het ge­sê: Ons kan! Die an­der was bang.

In Jo­sua 14 ont­moet ons Ka­leb 45 jaar la­ter, weer op die rand van Ka­na­än. Hy is nou 85 jaar oud.

Sy op­drag is om die berg­wê­reld te ver­o­wer. Die E­na­kie­te, die­self­de reu­se van 45 jaar ge­le­de, woon steeds in die ber­ge. Die lei­ers van Is­rael het hom ’n sag­ter op­sie ge­gee. In Jo­sua 14:12 ant­woord Ka­leb: Gee my die ber­ge! Dit is om ei­e­naar­skap te neem van die toe­koms van jou kin­ders.

Kul­tu­re­le ei­e­naar­skap is al­ler­mins ’n self­vol­da­ne ar­ro­gan­sie, ’n ont­ken­ning van fou­te of ’n self­ver­hef­fen­de hoog­moed wat een kul­tuur bo ’n an­der wil ver­hef.

Kul­tu­re­le ei­e­naar­skap is op­staan, moue op­rol, i­ni­si­a­tief neem, ba­kens plant, ge­leent­he­de raak­sien en met denk­krag, daad­krag en wils­krag ’n taal- en kul­tuur­toe­koms vir ons kin­ders skep.

As Voor­trek­kers kul­tu­re­le ei­e­naar­skap as toe­koms­keu­se aan­vaar, aan­vaar ons die ver­ant­woor­de­lik­heid om ons kin­ders trots te maak op hul kul­tuur­i­den­ti­teit, maar ook om voort te bou op die po­si­tie­we werk wat baie A­fri­ka­ners steeds in die land doen.

NP Van Wyk Louw skryf ’n volk het baie deug­de. Voor­trek­kers weet ge­loofs­dap­per­heid, in­no­ve­ren­de den­ke, vin­ding­ryk­heid en kul­tu­re­le on­der­ne­mer­skap het niks met ou­der­dom te doen nie, maar al­les met ’n jong gees, aan­pas­baar­heid en Kan-keu­ses (Kan staan vir “kul­tuur”, “a­von­tuur” en “na­tuur”, en is ’n aan­dui­ding van kul­tu­re­le self­ver­troue wat Die Voor­trek­kers by kin­ders wil skep).

Die toe­koms van ’n kul­tuur­ge­meen­skap lê in Kan-men­se wat met die daad­krag van nou sê: Gee my die ber­ge!

Dan­kie aan Kan-pi­o­niers, soos Ni­co Tromp, ons hoof­be­skerm­heer wat die groot­ste meu­bel­kom­pleks in Sui­der-A­fri­ka bou en p­res. Ha­ge Gein­gob van Na­mi­bië nooi om dit te o­pen.

Deur dié skep­pen­de daad be­ves­tig hy die waar­de van self­sorg, self­staan en self­doen, maar ook die nood­saak van goeie ver­hou­din­ge in A­fri­ka.

Diens­ba­re lei­er­skap

Dan­kie aan Voor­trek­ke­r­of­fi­sie­re wat moei­te doen om Die Voor­trek­kers vir ons kin­ders lek­ker te maak. Hier­die week­lik­se lief­de, ge­trou­heid en diens­baar­heid skep ge­bor­gen­heid en ver­me­nig­vul­dig el­ke week die oor­le­wings­krag van die A­fri­kaan­se taal en kul­tuur dui­send­vou­dig.

Die so­si­a­le me­dia gons oor Voor­trek­kers wat uit­reik in nood. Soms met kos en kle­re. In droog­te­tye met wa­ter­bot­tels.

Ver­le­de week het die Swart­vlei­see­kamp el­ke dag on­ge­veer 200 e­tes aan Knys­na se brand­weer­be­amp­tes, ou­e­te­hui­se en men­se in nood voor­sien, ramp­be­stuur­span­ne ge­huis­ves en pak­hui­se vol hulp­mid­dels ge­sor­teer.

Diens­ba­re lei­er­skap is die ge­reed­skap waar­mee ons sta­bi­li­teit en po­si­tie­we waar­des in ons ge­meen­skap­pe se grond kan in­spit.

Dan­kie aan Voor­trek­ke­r­ou­ers, vrien­de en me­de­kul­tuur­bou­ers. Be­trok­ken­heid be­ves­tig die krag van ’n ge­meen­skap wat weet ons bes­te toe­koms­be­leg­ging is ons kin­ders.

Dan­kie aan jeug­le­de vir wie kul­tuur nie ’n ou woord is nie, maar ’n ont­dek­kings­reis vol a­von­tuur; jeug­le­de vir wie ken­te­kens nie lap­pies op hul on­der­baad­jie is nie, maar die ver­sa­me­ling van ken­nis, teg­nie­ke en vaar­dig­he­de wat hul­le toe­rus vir die toe­koms.

Twy­fel is nie vir Voor­trek­kers ’n stop­woord nie. Voor­trek­kers be­ant­woord die vraag­te­kens van twy­fel met uit­roep­te­kens van hoop.

T­wy­fel­tye bied die ge­leent­heid om nu­we ber­ge te klim en nu­we ba­kens te plant.

Voor­trek­kers weet hoe af­hank­lik ons el­ke dag van die He­re se ge­na­de en lief­de in die berg­wê­reld is.

Dr. Da­nie Lang­ner is in Bloem­fon­tein op die vier­jaar­lik­se kon­gres van Die Voor­trek­kers as lei­er her­kies. Hier­die is ’n ver­werk­te weer­ga­we van sy toe­spraak. Hy is ook be­stu­ren­de di­rek­teur van die FAK en deel­tyd­se le­raar van die NG ge­meen­te Lyt­tel­ton in Cen­tu­ri­on.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Dr. Da­nie Lang­ner is Vry­dag­aand vir die twee­de keer as hoof­lei­er van die Voor­trek­kers in­ge­hul­dig on­der ’n his­to­rie­se o­lien­hout­boom, be­kend as die Sa­me­swe­rings­boom, op die plaas On­ze Rust van oud­pres. M.T. S­teyn bui­te Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.