On­ge­son­de gods­diens en ge­son­de ge­loof

Beeld - - Middelblad - An­dré van Nie­kerk

Dit is jam­mer dat daar uit Jo­hann van der West­hui­zen se knup­pel-in-die-dui­we­hok-ar­ti­kel, “Ge­loof en waan­sin die­self­de?” (01.07), nie meer de­bat ont­wik­kel het nie. ’n Om­vat­ten­de be­skou­ing van so­wel gods­diens se ver­blin­den­de krag as ge­son­de ge­loof se ver­hel­de­ring is im­mers van groot be­lang in ons sa­me­le­wing, wat suk­kel met pro­ble­me soos kor­rup­sie, ste­re­o­ti­pe­ring, on­ge­lyk­he­de en ge­weld.

’n Eer­ste ver­eis­te vir so ’n be­skou­ing is dat ge­lo­wi­ges, ver­al die ge­voels­men­se, die ge­vaar van gods­diens moet er­ken. Hul­le moet kan in­sien dat Van der West­hui­zen se be­skry­wing van gods­diens as “waan­sin” kor­rek is in ’n tyd waar­in som­mi­ge pas­to­re lid­ma­te gras laat eet en pe­trol laat drink.

Ten min­ste be­hoort daar ’n sen­si­ti­wi­teit te wees vir die on­ge­loof­waar­dig­he­de van gods­diens: By­voor­beeld dat aan God se voor­sie­ning ge­glo word, maar som­mi­ge juis die wei­e­ring van me­die­se mid­de­le en pro­se­du­res as ver­troue in God be­skou; dat God as die groot vry­ma­ker be­ly word, maar tal­le gods­diens­ti­ges se le­we meer in on­se­ker­heid, voor­oor­de­le en wet­te ver­stren­gel is as an­der; dat Je­sus se ge­na­de­bood­skap oor God e­van­ge­lie (“goeie nuus”) ge­noem word, maar men­se met ’n e­wi­ge bran­den­de hel ge­dreig word as hul­le nie die reg­te gods­diens het nie.

’n Twee­de ver­eis­te vir ’n om­vat­ten­der be­skou­ing is om nie net gods­diens se krag tot waan­sin raak te sien nie, maar ook ge­son­de ge­loof te er­ken.

Soos wat daar tal­le vor­me van gods­diens­waan­sin is, is daar ook ’n ver­skei­den­heid van ge­loofs­vor­me, aan­slui­tend by ver­skil­len­de ge­loofs­tra­di­sies en per­soon­lik­heids­voor­keu­re, wat le­wens­be­te­ke­nis bied. Die ge­meen­skap­li­ke fak­tor in die Chris­te­li­ke ge­loof is die ver­bin­te­nis aan Je­sus, wat ons as die Chris­tus be­ly.

Om ge­loof ge­sond te hou, maan die Pro­tes­tant­se tra­di­sie ons tot By­bel­ge­trou­heid. Maar die By­bel is ’n ver­sa­me­ling van ge­ïn­spi­reer­de ge­tui­e­nis­se wat oor eeue heen ont­wik­kel het en selfs op pun­te van me­kaar verskil. Daar­om help dit ons meer om aan Chris­tus, die hart en hoog­te­punt van die By­bel, kri­ties ver­bon­de te wees. Je­sus se bood­skap oor God is in voor­we­ten­skap­li­ke taal ver­pak en selfs deur eeue lan­ge dog­ma ver­dring, maar dis hel­der ge­noeg om ons te nooi dat ons men­se sal in­sluit eer­der as la­er trek en uit­sluit, sal ver­ge­we eer­der as ver­oor­deel, sal dien en sorg eer­der as om te heers, vre­de te hê eer­der as baie te be­sit en ons aan die mis­te­rie te ver­won­der eer­der as om te wil ver­staan en te weet.

Twee we­ke ge­le­de het ek ’n heup­ver­van­ging ge­had. Ek kon eer­ste­hands be­leef hoe ge­loof in so ’n si­tu­a­sie my help. God is die mis­te­rie in die werk­lik­heid. Die werk­lik­heid is meer goed as wat dit kwaad is. Daar­om hoef ek nie die werk­lik­heid te pro­beer be­veg met vrae soos: “Waar­om ek?”, of: “Sê nou maar iets loop ver­keerd?”, nie. Die voor­reg om in ’n tyd van ge­vor­der­de me­die­se pro­se­du­res te kan le­we, die ge­voel van ab­so­lu­te af­hank­lik­heid, die kalm­te wat die me­di­sy­ne en nar­ko­se bring, die ver­troue in die knap dok­ters, die ver­sor­ging van die ver­pleeg­per­so­neel en die glim­lag­ge­sig­te van ge­meen­te­vrien­de, kin­ders en lie­we vrou is al­les ge­sken­ke van God.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.