K­ri­sis­nag op die pad met siek Ma­di­ba

Ve­jay Ram­la­kan, hoof van Nel­son Man­de­la se me­die­se span, ver­tel van die nag toe die am­bu­lans wat Ma­di­ba ver­voer het op ’n hoof­weg on­klaar ge­raak het.

Beeld - - Middelblad -

Ek was on­mid­del­lik wak­ker toe dr. S­te­ve Ko­ma­ti my (op 13 Ju­nie 2013) bel. Sy woor­de: “Ge­ne­raal, daar was ’n voor­val,” het my reg­op laat sit. “Hoe erns­tig is dit?”

“Dit is erg. Ek is op pad soon­toe.” Ter­wyl Ko­ma­ti praat, het ek be­sef dat Ma­di­ba selfs kon ge­sterf het.

Dit was ’n half­uur ná mid­der­nag.

Span C­har­lie se le­de wat aan diens was, is al­mal in ken­nis ge­stel en op­drag ge­gee om na Man­de­la se huis in Houg­h­ton te gaan.

Ek was gou met flit­sen­de blou lig­te op pad.

Ko­ma­ti het my in die huis in ’n fluis­ter­stem ver­tel wat ge­beur het. Ons pa­si­ënt het op­hou a­sem­haal na­dat hy net voor mid­der­nag op die lin­ker­sy ge­draai is.

Bin­ne ’n mi­nuut na­dat hy weer met be­hulp van ’n suur­stof­mas­ker be­gin a­sem­haal het, het hy die mas­ker pro­beer af­ruk. Daar is be­sluit om sy han­de weg te hou deur dit met ver­ban­de vas te bind.

Sy kar­di­o­vas­ku­lê­re stel­sel was ver­ras­send nor­maal en sy bloed­druk en hart­klop was skaars ab­nor­maal.

Vol­gens die span het ons te doen ge­had met ’n pa­si­ënt wat ba­klei om aan die le­we te bly. Hy was deur­me­kaar, maar an­der­sins by sy vol­le be­wus­syn. Dit was ons plig om die mak­si­mum me­die­se steun aan hom te ver­leen.

Man­de­la is ge­sta­bi­li­seer na­dat ’n spe­si­a­lis van die Do­nald Gor­don-sen­trum ont­bied is om ’n pyp in sy tra­gea te druk.

Sou hy die reis oor­leef?

Die vraag was nou na wat­ter hos­pi­taal Man­de­la oor­ge­plaas moes word. Kon hy ge­skuif word? En sal hy die reis oor­leef?

Ons was dit al­mal eens dat die ant­woord op die laas­te twee vrae ja is. En die ant­woord op die eer­ste is die Me­di­cli­nic-hart­hos­pi­taal in P­re­to­ria.

Teen dié tyd was ons net lan­ger as ’n uur in die huis.

Graça Ma­chel het die deur oop­ge­maak en in­ge­stap net toe die me­die­se span be­gin ont­span het. Sy was ver­baas om me­die­se per­so­neel­le­de aan te tref om­dat haar slaap­ka­mer aan die an­der kant van die huis is en sy nie ge­weet het van al­mal wat op­ge­daag het nie.

Haar oë het van ons na haar man be­weeg.

“Ma­di­ba is ou­kei,” het ek haar ge­rus­ge­stel. Ek het haar na ’n na­by­ge­leë ver­trek ge­lei. Groen te­a­ter­jas­se het aan die muur ge­hang en daar was che­mi­ka­lieë waar­mee in­fek­sies be­stry word, hand­doe­ke, weg­gooi­ba­re ge­sig­mas­kers, skoen­be­sker­mers en hoof­be­dek­kings. Per­so­neel­le­de het die ver­trek ook ge­bruik om in te rus wan­neer hul­le van diens was en daar is ’n bed en ’n klom­pie ge­mak­stoe­le.

Ko­ma­ti het aan haar ver­dui­de­lik wat met haar man ge­beur het en dat ons hom by ’n hos­pi­taal moet kry. Sy het saam­ge­stem deur haar kop te knik. Ons is te­rug na die slaap­ka­mer waar Ma­di­ba e­ga­lig a­sem­ge­haal en die mo­ni­tors nor­ma­le le­sings ge­toon het.

Sy het langs hom gaan staan en ge­fluis­ter: “Pap­pa, jy gaan ou­kei wees. Byt vas, Pap­pa! Al­les gaan reg wees.” Sy het na hom ge­kyk en is toe vin­nig weg om ’n tas te gaan pak.

Die me­die­se span het re­ë­lings vir die oor­pla­sing ge­tref en po­li­sie­be­amp­tes het op­ge­daag om die kon­vooi te be­ge­lei. Die am­bu­lans is na die voor­kant van die huis ge­bring en Man­de­la is op ’n draag­baar on­der­toe ge­neem. Dit was ’n o­pe­ra­sie wat al baie ge­oe­fen is om­dat ons ver­sig­tig moes wees dat die bui­se nie ver­stren­gel raak nie en ie­mand moes die suur­stof­si­lin­der dra.

Ko­ma­ti en ’n klom­pie spe­si­a­lis­te het saam met Ma­di­ba in die swart am­bu­lans met sy mi­li­tê­re nom­mer­pla­te ver­trek. Ek en dr. B­rent Tip­ping, ’n spe­si­a­lis in die be­han­de­ling van ge­ri­a­trie­se pa­si­ën­te, het in my mo­tor ge­volg.

Dit was ver­skrik­lik: Ma­di­ba in bran­den­de am­bu­lans

Voor ons het die am­bu­lans­be­stuur­der sy spoed ge­hand­haaf om die pa­si­ënt se on­ge­rief tot die mi­ni­mum te be­perk.

Ko­ma­ti het ag­ter­ge­kom dat die am­bu­lans se en­jin nie reg klink nie en dat die voer­tuig al hoe meer ruk. Hy het die be­stuur­der ge­vra of als reg is.

“Ja, me­neer,” was die ant­woord. “Dit is on­langs ver­sien en ons het net twee dae ge­le­de nog daar­mee ge­ry.”

Tog het die am­bu­lans op die op­draand na die Al­lan­da­le-af­rit kwaai be­gin ruk. “Vat dit kalm,” het Ko­ma­ti uit­ge­roep.

Toe die am­bu­lans so­wat 20 km ná sy ver­trek teen die lang op­draand na die Pe­tro­port-brug­re­stau­rant suk­kel, het die be­stuur­der ge­sê: “Me­neer, ons ver­loor krag.”

“Ver­loor krag? Wat be­doel jy as jy sê ons ver­loor krag?” het ’n om­ge­krap­te Ko­ma­ti ge­vra.

Die en­jin se re­vo­lu­sies het ont­stel­lend laag ge­daal en ’n swart rook­wolk het die am­bu­lans om­geef toe hy in die reg­ter­baan van die hoof­weg tot stil­stand kom.

Ek en Tip­ping het vin­nig ge­ry toe hy sê dit lyk of daar erns­ti­ge pro­ble­me is.

Ek het weg­ge­kyk van die deel in die pad wat deur my mo­tor se kop­lig­te ver­lig is en ’n voer­tuig ge­sien wat lyk of hy aan die brand is.

“Ek hoop nie dis ons am­bu­lans nie,” het Tip­ping ge­grap. Hy het sy a­sem in­ge­trek toe ons ver­by jaag. “Dit lyk na ons ou­ens.” “Is jy se­ker?”

“By­na po­si­tief.”

Ek het in die lin­ker­kant­ste nood­baan stil­ge­hou. “Kan jy gaan kyk?”

Tip­ping was reeds uit die mo­tor en het die bult af­ge­hard­loop. Hy was bin­ne ’n paar se­kon­des te­rug.

“Dit ís ons ou­ens. Ons ou­ens,” het hy ge­sê ter­wyl hy na sy a­sem hyg.

Dit was ver­skrik­lik. Ma­di­ba in ’n am­bu­lans wat aan die brand ge­raak het.

’n Kom­bers vir Ma­di­ba

Ek het ag­ter­uit teen die bult af­ge­ry en teen­oor die stil­staan­de voer­tuig stil­ge­hou. Dit was 03:30 die og­gend – ’n do­de­li­ke tyd wan­neer moont­lik dronk par­ty­tjie­gan­gers op pad huis toe kon wees en ’n bot­sing met ’n stil­staan­de am­bu­lans ’n skrik­wek­ken­de moont­lik­heid is.

Ge­luk­kig was die om­ge­wing goed be­lig en die ro­ken­de am­bu­lans kon min­stens 300 m ver ge­sien word.

Ek en Tip­ping het oor die hoof­weg ge­hard­loop en al­mal nog in die am­bu­lans aan­ge­tref. Ag­ter die am­bu­lans was ’n mo­tor son­der blou lig­te waar­in Ma­chel was. Die am­bu­lans se nood­lig­te het steeds ge­flits. Mo­tors het veel vin­ni­ger as die 120 km/h-snel­perk ver­by­ge­flits.

’n Ge­span­ne Ko­ma­ti het na my ge­kyk en sy kop in on­ge­loof ge­skud. Dié nag van al­le nag­te was ’n me­ga­nie­se pro­bleem die laas­te ding wat ons no­dig het.

“Hoe gaan dit met hom, S­te­ve?” het ek ge­vra. “Hoe gaan dit met hom?”

“Dit gaan ou­kei. Hy is steeds on­der ver­do­wing. Sy le­wens­funk­sies lyk goed en hy haal self a­sem.”

Dit was ’n ver­lig­ting.

“Jy moet dit vir mev. Ma­chel gaan sê,” het ek ge­sê.

Ek hoor toe hy sê: “Me­vrou, ’n me­ga­nie­se pro­bleem het skie­lik ont­staan. Ons is ge­strand, maar dit gaan goed met Ma­di­ba.”

Sy het dié nuus op haar ken­mer­kend kalm ma­nier aan­ge­hoor.

“Hier,” het sy aan Ko­ma­ti ge­sê en ’n kom­bers aan hom oor­han­dig. “Maak hom warm toe.”

Hoe­wel die tem­pe­ra­tuur bui­te na aan vries­punt was, was Man­de­la warm ge­noeg. Ko­ma­ti het wel ge­doen wat sy ge­vra het.

Ko­ma­ti het Ma­di­ba se huis ge­bel om die an­der am­bu­lans te ont­bied wat om die een of an­der re­de nog nie ver­trek het nie. En hy het ’n der­de am­bu­lans uit P­re­to­ria laat kom.

In­tus­sen het ek my mo­tor ag­ter die kon­vooi ge­par­keer om dit “blou­lig”-be­sker­ming te gee en die me­tro­po­li­sie ge­bel om drin­gend ver­keers­be­stuur te ver­skaf.

Hul­le het ge­luk­kig gou ge­re­a­geer en was bin­ne so­wat tien mi­nu­te op die to­neel.

Die twee­de am­bu­lans was ook gou daar en Man­de­la is met ’n la­ken oor die ge­sig daar­in oor­ge­plaas.

Bin­ne ’n half­uur na­dat die am­bu­lans on­klaar ge­raak het, was die kon­vooi weer aan die be­weeg. Teen dié tyd was daar ook ’n pri­va­te am­bu­lans ag­ter ons.

Ek kon maar net hoop ons kry dit nie no­dig nie.

Dié is ’n ver­kor­te en ver­taal­de uit­trek­sel uit Ram­la­kan se boek, Man­de­la’s Last Ye­ars. Dit word deur Pen­guin uit­ge­gee en kos R230.

Fo­to: HERMAN VERWEY

Dr. Ve­jay Ram­la­kan, toe nog Suid­A­fri­ka se ge­nees­heer­ge­ne­raal, spreek die me­dia in 2013 toe oor die Nel­son Man­de­la se ge­sond­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.