Eg­breuk: Oud­hoë in Tshwa­ne, man skik

Beeld - - Middelblad - Han­ti Ot­to

Be­we­rings dat die voor­ma­li­ge bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne ’n skelm ver­hou­ding met ’n stads­bur­ger se vrou ge­had het, sal nié meer in ’n ope hof uit­kom nie.

Die twee mans het die stryd­byl bui­te die hof be­gra­we.

Die voor­waar­des van die skik­king tus­sen die oud­bur­ge­mees­ter K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa en Em­lyn Jor­daan is so dig dat nie een van die par­tye ’n woord wil rep nie. Die oor­een­koms is ook nie aan die klag­staat ge­heg waar dit in o­ën­skou ge­neem kan word nie.

Jor­daan is op 23 Au­gus­tus 2014 in heg­te­nis ge­neem en van in­ti­mi­da­sie aan­ge­kla om­dat hy Ra­mokg­o­pa na be­we­ring ge­dreig het.

Lui­dens die klag­staat het Jor­daan van 24 No­vem­ber 2013 tot 28 Ju­lie 2014 op­roe­pe na die bur­ge­mees­ter ge­maak wat nie be­ant­woord is nie en ver­skeie bood­skap­pe ge­stuur wat Ra­mokg­o­pa laat “vrees het vir sy vei­lig­heid”.

In van die bood­skap­pe is Ra­mokg­o­pa gewaarsku hy sal “be­taal” vir die hart­seer wat hy Jor­daan se ge­sin aan­ge­doen het en dat Ra­mokg­o­pa se vrou sou uit­vind van die bur­ge­mees­ter se be­weer­de eg­breuk. En toe word die 14 aan­klag­te skie­lik te­rug­ge­trek.

Op die klag­staat staan bloot: “Klag­te te­rug­ge­trek ná oor­een­koms tus­sen al die par­tye.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.