Man in hof ná seun 33 keer ge­steek is

Beeld - - Middelblad - S­han­tel Mo­ses

Mo­ain Sa­lie van Delft wat ver­le­de week na be­we­ring ’n seun (12) van Good­wood 33 keer met ’n skerp voor­werp ge­steek het, is voor­heen vir gees­tes­ver­steu­rings be­han­del.

Sa­lie het gis­ter in die land­dros­hof in Good­wood ver­skyn op aan­klag van po­ging tot moord.

Si­z­we Ce­le, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, sê hy het ’n brief van Sa­lie se fa­mi­lie ont­vang.

“Die brief is van Ma­trix, ’n re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum waar Sa­lie voor­heen be­han­del is. Vol­gens die sen­trum het Sa­lie simp­to­me van psi­go­se en is an­ti­so­si­aal. Dit het ook ge­lyk of hy nie by sy vol­le po­si­tie­we is nie.”

Die brief is in 2013 ge­skryf.

Ce­le het die hof ge­vra dat Sa­lie vir waar­ne­ming ver­wys word en, as die dok­ter dit aan­be­veel, hy ook deur ’n psi­gi­a­ter on­der­soek word.

Land­dros S­haun Lee het Ce­le ge­vra wat sy in­druk van Sa­lie was toe hy met hom ge­kon­sul­teer het. “Dit het ge­lyk of hy nie weet hoe­kom hy in die hof is of selfs hoe­kom hy aan­ge­keer is nie. Hy weet nie waar hy is nie.”

Sa­lie is ver­le­de Dins­dag in Good­wood aan­ge­keer. Hy het die seun glo ge­vra wie hy is en hom toe aan­ge­val.

Hy het geen oog­kon­tak ge­maak met men­se in die ga­le­ry of voor in die hof nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.