Moe­nie dié pop­pie op haar hoë hak­ke tak­seer

Me­lin­da Bam, ’n voor­ma­li­ge Mej. Suid­A­fri­ka, is vas­be­slo­te om te wys sy is meer as net ’n mooi ge­sig­gie. Sy ver­tel vir Ma­ri­a­na Ma­lan meer van wat kykers kan ver­wag van die re­a­li­teits­reeks Wie’s jou pop­pie? op Via (DStv­ka­naal 147).

Beeld - - Kuns & Vermaak -

In Wie’s jou pop­pie? is daar skoon­he­de wat on­ge­wo­ne din­ge doen. Was som­mi­ge van die din­ge wat hul­le aan­ge­pak het, skrik­wek­kend?

Ja! Dit het reg­tig van ’n mens ver­eis om soms op jou tan­de te byt en deur te druk, en an­der ke­re net jou gril tot tyd en wyl op­sy te stoot en nie te veel daar­aan te dink nie. Wie’s jou pop­pie? is nie ’n ek­stre­mes­port- of a­von­tuur­pro­gram nie. Ons het ge­kyk na din­ge waar­mee “pop­pies” nie baie te doen kry nie: han­de­werk, vuil­werk, in­ge­wik­kel­de ta­ke, a­dre­na­lien, ge­vaar, gril­le, kon­tak­sport, bloed, sweet en­so­voorts. Dit het ’n meng­sel van dit al­les.

Hoe is die deel­ne­mers ge­kies?

Ons het lek­ker saam met die pro­duk­sie­maat­skap­py Li­fe in a Bulb kop­pe by­me­kaar­ge­sit om te kyk wie dap­per ge­noeg sal wees vir die pro­gram, en wie die pu­bliek en be­dryf as ’n pop­pie be­skou.

Ons be­dryf is van so ’n aard dat men­se se ske­du­les dik­wels baie be­sig is en dan soms weer nie so be­sig nie. Ons moes eers hoor of ons gas­te be­reid is om een of an­der uit­da­gen­de ak­ti­wi­teit aan te pak, en dan of ons al­mal se ske­du­les kon laat oor­een­stem.

Die eer­ste reeks het 13 e­pi­so­des, maar daar is nog ’n he­le paar skoon­he­de wat ek in ’n vol­gen­de sei­soen sal wil uit­daag.

Het jy ooit ge­dink jy gaan die aan­bie­der wees van so ’n reeks?

Ek is al­tyd ge­reed vir ’n uit­da­ging, want ek weet dit is ’n ge­leent­heid om te groei. Ek het my aan­bie­der­skoe­ne met Pa­sel­la ge­vind en het dit reg­ge­kry om men­se hul s­to­ries te laat ver­tel. Ek het ab­so­luut ’n lief­de vir aan­bie­ding daar ont­dek.

Toe hul­le my ge­na­der het en ver­tel het wat die pro­gram al­les be­hels, het ek da­de­lik daar­by aan­klank ge­vind. Ek het self al dik­wels er­vaar hoe men­se dink dat ek ’n pop­pie is wat met ho­ë­hak­skoe­ne aan in die og­gend wak­ker word.

Dit het da­de­lik vir my aan­lok­lik ge­klink om nie net die ste­re­o­ti­pes oor my­self uit te wis nie, maar ook dié van so­veel an­der vroue in ons be­dryf. Om dit al­les reg te kry en din­ge te doen wat ek nooit ge­dink het ek sal nie, het my ook die ge­leent­heid ge­gee om ’n an­der sy van Me­lin­da te wys . . . die een wat my vrien­de en fa­mi­lie ken, wat vol grap­pies is, al­tyd sal in­stem vir ’n uit­da­ging en dalk so bie­tjie waag­hal­sig is.

Sou jy graag meer van hier­die soort pro­gram­me wil aan­bied?

Ek hoop om nog ’n he­le paar sei­soe­ne van Wie’s jou pop­pie? aan te bied.

Ek voer ook self plan­ne in die mou en het nu­we i­dees vir nu­we pro­gram­me.

Is men­se se i­dee dat skoon­he­de bloot “pop­pies” is, vir jou ’n pro­bleem?

Ek is ’n aarts­op­ti­mis en be­skou dus die i­dee van ste­re­o­ti­pes meer as ’n uit­da­ging, om men­se on­kant te kan vang wan­neer jy die ge­leent­heid het om ’n nu­we in­druk te kan maak. Dit is die won­der­li­ke ding van met men­se werk – om te sien dat daar al­tyd meer in ie­mand steek as wat jy op die oog af kan sien. Dit is ab­so­luut ons doel om die ti­tel van “pop­pie” af te breek; om men­se te kry om te dink oor al die ste­re­o­ti­pes en die ti­tels wat men­se som­mer wil­le­keu­rig uit­deel.

As ie­mand dalk net twee keer dink voor­dat hul­le hul eie voor­op­ge­stel­de i­dees ont­wik­kel – dan het die pro­gram in sy doel ge­slaag.

Waar­mee is jy nog be­sig en wat is jou toe­koms­plan­ne?

Daar is baie ge­leent­he­de wat wag, maar die mees­te is nog ver­trou­lik. Ek is steeds be­sig met my #Vrou­fees-praat­jie­toer en in Vrou­e­maand sien ek daar­na uit om ’n deel van my in­spi­ra­sie, les­se, vars uit­kyk en po­si­ti­wi­teit met vroue land­wyd te deel. Dit is met groot trots dat ek men­se nooi om my te leer ken en self die uit­da­gings aan te pak, so­dat hul­le vir men­se kan vra: “Wie’s jou pop­pie?” ▪

Ska­kel in vir die nuut­ste e­pi­so­des van Wie’s jou pop­pie? Woens­dag­aan­de om 20:30 op Via, DStv­ka­naal 147.

Me­lin­da Bam sê: Dit is ab­so­luut ons doel om die ti­tel van ‘pop­pie’ af te breek; om men­se te kry om te dink oor al die ste­re­o­ti­pes en die ti­tels wat men­se som­mer wil­le­keu­rig uit­deel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.