Be­sweer pyn met po­ë­sie

Beeld - - Kuns & Vermaak -

’n Ak­tie­we web­tuis­te en ’n bun­del wat her­in­ne­rin­ge aan ge­lief­de af­ge­stor­we­nes on­sterf­lik sal maak, word in sa­me­wer­king met Avbob be­plan.

To­ti­us sou sy han­de ge­klap het oor ’n he­le bun­del met lyk­dig­te. Sy ge­dig “O die pyn­ge­dag­te” sou se­ker die prys­wen­ner ge­wees het, sou die bun­del in sy leef­tyd ver­skyn het.

Die be­graf­nis­on­der­ne­mer Avbob gaan vol­gen­de jaar ter vie­ring van sy 100ste be­staans­jaar die bun­del uit­gee ná ’n po­ë­sie­kom­pe­ti­sie van­jaar. E­nig­ie­mand wat ge­voe­lens oor die dood van ’n ge­lief­de of vriend wil neer­pen, kan die ge­dig­te in­skryf.

Via (DStv-ka­naal 147) het in sa­me­wer­king met Avbob gis­ter­aand om 20:30 vir kykers ’n spe­si­a­le do­ku­men­têr, Ek wou nog sê . . . , uit­ge­saai waar­in meer be­kend ge­maak is. Die dok­kie han­del oor die krag van po­ë­sie en word in ge­spreks­vorm deur Coe­nie de Vil­liers aan­ge­bied. Hy ge­sels met be­kroon­de dig­ters soos An­tjie Krog, Vin­cent O­lip­hant, Jo­an Ham­bid­ge en Jo­hann de Lan­ge oor po­ë­sie se ver­moë om dít te ver­woord wat ’n mens nie al­tyd kan nie.

Vir die po­ë­sie­kom­pe­ti­sie kan in e­ni­ge van die amp­te­li­ke lands­ta­le ge­dig word. By­dra­es kan tus­sen 1 Au­gus­tus en die ein­de van No­vem­ber in­ge­stuur word. Daar sal ’n wen­ner in el­ke lands­taal wees en die prys sal be­kend staan as die Avbob-prys vir po­ë­sie.

El­ke lands­taal sal ne­ge ge­dig­te hê in so­wel die oor­spronk­li­ke taal as ’n En­gel­se ver­ta­ling. 80% per­sent van die ge­dig­te sal aan­ge­vra word en 20% sal uit die kompetisie se bes­tes ge­kies word.

Hier­mee sal jon­ger dig­ters die ge­leent­heid kry om naas be­ken­de, ge­ves­tig­de na­me ge­pu­bli­seer te word.

Daar sal ook ’n nu­we web­tuis­te vir po­ë­sie wees (www.a­vbo­bpoe­try.co.za). Dit sal voort­du­rend by­ge­werk word.

Dit sal ’n ak­tie­we ruim­te wees waar ge­dig­te ge­plaas word so­dat al­le rou­kla­ers ge­dig­te sal kan lees (en af­laai) wat tot hul­le spreek.

In ’n me­di­a­ver­kla­ring word ge­sê: “Ge­sien teen die ag­ter­grond van koe­ran­te se ‘In me­mo­ri­am’ en doods­be­rig­te, is hier­die web­ruim­te en wed­stryd ui­ters re­le­vant. Po­ë­sie ar­ti­ku­leer pyn, on­se­ker­heid, en wan­neer ons ge­tref word deur die dood, word dit ver­troos­ting.”

“Let­ter­kun­de – en dus ook hier­die pro­jek – ver­woord wat men­se voel,” sê De Vil­liers oor die do­ku­men­têr. “Let­ter­kun­de – dit wil sê die mag van die woord en hoe goed ons dit kan ont­sluit – ver­tel ons s­to­ries en maak sin van dít wat ons méns maak.”

In die dok­kie praat woord­men­se soos A­man­da S­try­dom, Pie­ter-Dirk Uys, Fran­cois van Co­ke, Brandon Oc­to­ber en jong dig­ters soos Bi­bi S­lip­pers en Fou­rie Bo­tha oor hul lief­de vir en ver­bin­te­nis met woord­kuns.

“Dis min dat ie­mand jou vra om iets te doen waar­in jy wérk­lik kan glo, en so iets is vir my po­ë­sie,” sê De Vil­liers oor die pro­jek.

“Dis ek­stra lek­ker dat Avbob be­reid is om geld te skenk om dit te be­vor­der. Ek het da­de­lik in­ge­stem en is vol­uit be­trok­ke by die pro­jek, wat ook ’n po­ë­sie­kom­pe­ti­sie in ál ons lands­ta­le in­sluit.”

Ek wou nog sê . . . is die eer­ste keer op Via uit­ge­saai. Die do­ku­men­têr se En­gel­se weer­ga­we, I Wish I’d Said, word op So­we­to TV en KZN TV uit­ge­saai.

▪ Ek wou nog sê . . . sal in die vol­gen­de tyd­gleu­we weer op Via uit­ge­saai word: Va­nog­gend om 07:30, mô­re om 13:30, Sa­ter­dag om 15:30 en Son­dag om 13:00.

Po­ë­sie ar­ti­ku­leer pyn, on­se­ker­heid, en wan­neer ons ge­tref word deur die dood, word dit ver­troos­ting.

Coe­nie de Vil­liers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.