Dié pro­duk­sies be­ïn­druk by Vry­staat­fees

Beeld - - Kuns & Vermaak -

“Die Vry­staat Kuns­te­fees van 2017 is se­ker­lik die vet­ste, groot­ste en bes­te fees wat die Vry­staat nóg ge­sien het.” So sê C­har­les S­mith in ’n ru­briek in die fees­koe­rant S­tronk.

Oor die pro­duk­sie Gif/Poi­son/I­ty­he­fu sê die re­sen­sent

Ni­co Lu­wes die vol­gen­de: “Op ui­ters hart­roe­ren­de wy­se gaan twee ka­rak­ters deur ’n smelt­kroes van lou­te­ring om hul han­te­ring van die tra­giek wat hul le­we feit­lik ver­woes het en hul­le so lank ver­my het, met eer­lik­heid in die oë te kyk.

“Die sa­me­koms word die ka­tar­sis waar­deur al­bei ge­lou­ter word om weer die le­we te han­teer. Dit is juis so ’n mo­ment wat die man be­leef het, waar­in hy vre­de en har­mo­nie er­vaar het en met die vrou deel, wat vir haar – en die ge­hoor – vre­de en be­rus­ting bring.

“A­tand­wa Ka­ni en Ti­na­rie van Wyk Loots le­wer mees­ter­li­ke spel in die twee­per­soonstuk wat diep ont­roer.

“Eer­li­ke, sen­si­tie­we spel en puik en­sem­ble­spel deur die twee is ’n ple­sier om te aan­skou.

“Die knap re­gie deur Er­win Maas bin­ne die ge­stroop­te stel­ont­werp deur Guy de Lan­cey en met mu­siek deur Ken­ny Ra­kot­so­a­ne vorm ’n tref­fen­de ge­heel wat van een­voud, be­grip vir die styl en deer­nis vir die ka­rak­ters spreek.”

Oor A­sem met An­toi­net­te Kel­ler­man, Ti­na­rie van Wyk Loots, S­ti­an Bam en Ed­win van der Walt, sê Naò­mi Mor

gan die vol­gen­de: “Mar­thi­nus Bas­son se aan­slag vir hier­die hul­di­gings­pro­duk­sie aan Re­za de Wet is by­na na­tu­ra­lis­ties.

“Daar word krui­e­me­di­sy­ne en kof­fie op die ver­hoog ge­kook; die krui­e­dok­ter An­na was haar­self uit ’n kom vol koue wa­ter; die lug ruik na rook.

“Hier­die hi­per­re­a­lis­tie­se e­le­men­te, te­sa­me met die pe­ri­o­de­kos­tuums uit die Boe­re­oor­log, die ge­luid van die wind en groot skuur waar­in die he­le dra­ma af­speel en wat by­na die he­le ver­hoog be­slaan, is no­dig om die ma­gies­re­a­lis­tie­se in­tri­ge te an­ker – die be­hoef­te aan ’n ge­son­de man se laas­te a­sem vir oor­le­wing.

“De Wet se skep­ping van die twee vrou­e­ka­rak­ters is se­ker e­nig in die ABO-li­te­ra­tuur. Hier word geen ly­ding en nood­wen­di­ge on­der­wer­ping aan stry­den­de fak­sies, het­sy Boer of B­rit, uit­ge­beeld nie.”

El­re­tha B­ritz het na die T­rio In­to­le­ran­ce se Nosfe­ra­tu – Symp­ho­ny of Hor­ror gaan kyk en be­skryf die t­rio (Dan­ré S­try­dom, G­ret­he N­öth­ling en Cé­zar­re S­try­dom se uit­voe­ring as skit­te­rend.

In haar re­sen­sie sê sy die vol­gen­de oor die pro­duk­sie:

“Al­les word ab­so­luut puik uit­ge­voer en is ewe puik ver­werk.

Die t­rio stel on­ge­twy­feld ’n hoë pre­mie op mu­si­ka­le af­ron­ding en hoe­wel die kon­sep van mu­siek saam met ’n stil­prent nie nuut is nie, ver­hef pro­fes­si­o­na­li­teit en in­te­gri­teit die uit­voe­ring tot ’n uit­son­der­li­ke pro­duk.”

Ti­na­rie van Wyk Loots en A­tand­wa Ka­ni in die pro­duk­sie Gif/ Poi­sen/I­ty­he­fu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.