Num­sa dreig met sta­king wat SA ‘tot stil­stand sal bring’

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Suid-A­fri­ka se groot­ste vak­bond het gis­ter met ’n sta­king ge­dreig “op ’n skaal wat nog nooit voor­heen ge­sien is nie”.

Dit sal die SuidA­fri­kaan­se e­ko­no­mie “tot stil­stand bring”, sê Ir­vin Jim, hoof­se­kre­ta­ris van Num­sa.

“Dit is van­self­spre­kend dat met die hui­di­ge stand van die e­ko­no­mie die ge­vol­ge van so ’n voor­ge­no­me op­tre­de die e­ko­no­mie­se kri­sis sal ver­er­ger,” het Jim in Jo­han­nes­burg ge­sê.

“Die bal is in die werk­ge­wers se han­de.”

Die me­taal­wer­kers vak­bond Num­sa het Vry­dag’ n kla­ring ser­ti­fi­kaat ge­kry om­te s­taak in­dies taal­en in­ge­ni­eurs­be­dryf na­dat’ n dooi­e­punt oor loon­ver­ho­gings be­reik is.

Num­sa ver­teen­woor­dig meer as 140 000 werk­ne­mers in die staal- en in­ge­ni­eurs­be­dryf, waar so­wat 320 000 men­se werk.

Num­sa het die steun van die South A­fri­can Fe­de­ra­ti­on of Tra­de U­ni­ons (Saf­tu), die nu­we vak­ver­bond wat Z­we­lin­zi­ma Va­vi op die been ge­bring het na­dat hy uit Co­sa­tu ge­skors is.

Die staal­be­dryf het se­dert 2006 na­ge­noeg 175 000 pos­te ver­loor.

Jim sê hul le­de word “vir e­ni­ge ge­beur­te­nis ge­mo­bi­li­seer”.

Num­sa sal voort­gaan om ge­sprek­ke te hou met werk­ge­wers om die loon­ge­skil op te los. In­dien hy eg­ter daar­mee te­vre­de is dat hul­le al­les ge­doen het en ’n op­los­sing nie be­reik is nie, sal hy met geen an­der op­sie ge­laat word as om ’n sta­king te re­ël nie, sê Jim.

Met die hui­di­ge stand van die e­ko­no­mie sal die ge­vol­ge van so ’n voor­ge­no­me op­tre­de die e­ko­no­mie­se kri­sis ver­er­ger.

Fo­to: PIXABAY

’n Sta­king op ’n skaal wat nog nie op Suid­A­fri­kaan­se bo­dem er­vaar is nie, dreig om uit te breek na­dat die vak­bond Num­sa ’n kla­ring­ser­ti­fi­kaat ge­kry het om te s­taak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.