Netflix groei nou selfs vin­ni­ger in­ter­na­si­o­naal as in A­me­ri­ka

Beeld - - Sake -

Netflix het die te­le­vi­siel andskap die laas­te paar jaar ver­an­der, ver­al in die VSA, sy tuis­mark, maar be­gin in­ter­na­si­o­naal ook spoed op­tel.

Die aan­lyn stro­mings­diens het in die twee­de kwar­taal be­ter ge­vaar as ont­le­ders se ver­wag­tin­ge vir groei in in­te­ke­na­re. Sy in­ter­na­si­o­na­le ge­hoor is nou vir die eer­ste keer meer as sy ge­tal in­te­ke­na­re in die VSA.

Netflix se ver­skei­den­heid te­le­vi­sie­reek­se, flieks en ko­me­dies be­gin toe­ne­mend vlam­vat in van die groot­ste mark­te ter wê­reld, waar­on­der Bra­si­lië en B­rit­tan­je.

Teen die ein­de van die jaar is die ver­wag­ting, vol­gens In­s­ti­net, dat 20% van huis­hou­dings met bre­ë­band in vyf van sy groot­ste mark­te bui­te die VSA Netflix sal kyk.

Die maat­skap­py het in die twee­de kwar­taal 5,2 mil­joen nu­we in­te­ke­na­re by­ge­kry. Dit is 2 mil­joen meer as wat ont­le­ders ver­wag het.

Vol­gens Netflix is 4,14 mil­joen van die nu­we in­te­ke­na­re bui­te die VSA. Dit be­te­ken hy het nou meer as 52 mil­joen in­ter­na­si­o­na­le in­te­ke­na­re.

Hy ver­wag ver­der dat sy in­ter­na­si­o­na­le be­dry­wig­he­de in die hui­di­ge boek­jaar vir die eer­ste keer ’n wins sal toon.

In to­taal het Netflix so­wat 104 mil­joen in­te­ke­na­re.

Die fo­kus van die maat­skap­py is om nog meer in­ter­na­si­o­naal te groei, ver­al in Eu­ro­pa en La­tyns­A­me­ri­ka. Die doel­wit is om 80% tot 90% van sy in­te­ke­na­re bui­te die VSA te hê, wat daar­op dui dat hy ’n in­ter­na­si­o­na­le mark van 450 mil­joen in­te­ke­na­re of meer wil hê.

A­sië bly die maat­skap­py se groot­ste uit­da­ging, het Netflix weer ge­sê. Ver­brui­kers in A­sië se smaak verskil en hul­le is meer ge­neig om flieks en te­le­vi­sie­reek­se op mo­bie­le toe­stel­le te kyk. Die maat­skap­py het eg­ter aan­ge­dui dat hy meer hulp­bron­ne op dié ge­bied gaan be­stee.

Netflix het laat in 2010 die eer­ste keer in­ter­na­si­o­naal, na Ka­na­da, uit­ge­brei. Dié land is steeds sy groot­ste in­ter­na­si­o­na­le mark. Dan volg B­rit­tan­je en Bra­si­lië, met Duits­land die vol­gen­de groot­ste in­ter­na­si­o­na­le mark.

– Bloom­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.