Wat is EFT’s en ETN’e?

Beeld - - Sake -

’n In­deks­volg­ef­fek­te­trust­fonds en ’n beurs­ver­han­del­ba­re fonds (ex­chan­ge­tra­ded fund of ETF) be­staan al­bei uit ’n mand­jie van ba­tes wat ’n in­deks op die beurs na­volg.

’n ETF is eg­ter self op die beurs ge­no­teer en be­leg­gers kan e­ni­ge tyd van die dag van hul een­he­de in ’n ETF ver­koop en ’n prys kry wat deur­lo­pend wis­sel soos dié van ’n aan­deel na ge­lang van die vraag en aan­bod.

’n In­deks­volg­fonds se prys word een keer per dag vas­ge­stel ge­grond op die net­to ba­te­waar­de van die on­der­lig­gen­de de­le.

’n Beurs­ver­han­del­ba­re no­ta (ex­chan­ge­tra­ded no­te of ETN) is ’n se­ni­or, on­ge­se­ku­reer­de, nie­on­der­ge­skik­te skuld­se­ku­ri­teit wat deur ’n on­der­skry­wen­de bank uit­ge­reik word.

Soos an­der skuld­se­ku­ri­tei­te het ETN’e ’n uit­keer­da­tum en word dit net deur die kre­diet van die uit­rei­ker ge­rug­steun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.