Vi­tol los sy Gup­ta­kon­nek­sie

Beeld - - Sake Nuus - – Bloom­berg Fran­cois Wil­li­ams

Die Vi­tol-groep, die groot­ste on­af­hank­li­ke o­lie­han­de­laar ter wê­reld, wil nie meer ’n be­lang in ’n steen­kool eind­punt op die Ri­chards­baai-ha­we by’ nG up ta be­heer­de maat­skap­py in SuidA­fri­ka koop nie.

’n Kon­sor­ti­um van Vi­tol en Burgh Group Hol­dings sou die Op­ti­mum Co­al Ter­mi­nal van die Gup­ta-fa­mi­lie se Te­ge­ta Ex­plo­ra­ti­on and Re­sour­ces ge­koop het, maar het vroe­ër van­dees­week laat weet hul­le gaan nie meer voort met die ver­kry­ging nie.

Die tran­sak­sie sou die kon­sor­ti­um ’n be­lang van 7,61% in die Ri­chards­baai-steen­kool eind­punt ge­gee het en die reg­te om so­wat 8 mil­joen ton steen­kool per jaar van­uit die ha­we te ver­skeep.

Die Gup­ta-fa­mi­lie is goed be­vriend met p­res. Ja­cob Zu­ma en het die Op­ti­mum-steen­kool­myn in De­sem­ber 2015 saam met Zu­ma se seun Du­du­za­ne vir R2,15 mil­jard van G­len­co­re ge­koop.

Vi­tol han­teer meer as 7 mil­joen va­te o­lie per dag en meer as 30 mil­joen ton steen­kool per jaar. Die tran­sak­sie sou Vi­tol toe­gang gee tot ’n be­lang­ri­ke uit­voer­ha­we in­een van die groot­ste steen­kool­pro­du­se­ren­de lan­de.

Vi­tol is be­trok­ke by die bou van ’n nu­we o­lie­tenk­plaas, Bur gan Oil Ter­mi­nals, in die Kaap­se ha­we. Die in­ter­na­si­o­na­le o­lie­reus C­hev­ron, wat sy Suid-A­fri­kaan­se be­dry­wig­he­de in­tus­sen aan ’n C­hi­ne­se staat s o­lie maat­skap­py ver­koop het, het aan­vank­lik be­swaar aan­ge­te­ken teen Vi­tol se plan­ne met die o­lie­tenk­plaas om­dat dit vol­gens C­hev­ron sy raf­fi­na­de­ry in Mil­ner­ton oor­bo­dig sou maak en tot werk­ver­lie­se sou lei as dit ge­sluit moet word.

Vi­tol het ook’ n steen­kool han­dels­maat­skap­py in Mo­sam­biek.

Net aan­deel­hou­ers in die Ri­chards­baai-steen­kool­eind­punt het ’n ou­to­ma­tie­se reg om steen­kool deur die ha­we uit te voer. An­der aan­deel­hou­ers in die eind­punt sluit Ang­lo A­me­ri­can, South32 en G­len­co­re in.

Suid-A­fri­ka is goed ge­po­si­si­o­neer om steen­kool na In­dië en C­hi­na uit te voer, maar word be­perk deur die ha­we-in­fra­struk­tuur. Die mees­te uit­voer­stee nkool be­weeg langs Trans­net se Co­alLink-spoor­lyn van die steen­kool­my­ne in M­pu­ma­lan­ga na die Ri­chards­baai-ha­we, van waar dit via die steen­kool eind­punt uit­ge­voer word.

Die Gup­tas se ge­no­teer­de myn­maat­skap­py, Oak­bay Re­sour­ces and E­ner­gy, gaan in Ju­lie van die JSE de­no­teer na­dat hy nie meer aan die JSE-re­ëls kon vol­doen nie.

Die om­stre­de ver­hou­din­ge tus­sen die G up ta sen top re­ge­rings­lei­ers het lui­dens die o­pen­ba­re be­sker­mers e staat s ka­pings ver­slag moont­lik die staat se e­tie­se ko­de oor­tree.

Suid-A­fri­kaan­se ban­ke en ou­di­teurs het hul ban­de met Gup­ta­be­heer­de maat­skap­pye al ver­le­de jaar be­gin ver­breek.

en

Fo­to: RBCT

’n Uit­sig op die Ri­chards­baai­steen­kool­eind­punt, waar die mees­te van Suid­A­fri­ka se steen­kool uit­ge­voer word. ’n Klein hoe­veel­heid word ook via Ma­pu­to in Mo­sam­biek uit­ge­voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.