S­hop­ri­te se aan­deel­prys daal

Beeld - - Sake Nuus - – Nel­lie Brand­Jon­ker

Die S­hop­ri­te­groep se aan­deel­prys het gis­ter met by­kans 3% tot R199 ge­daal net na­dat sy han­dels­oor­sig uit­ge­reik is. Dit het be­leg­gers klaar­blyk­lik te­leur­ge­stel.

Lui­dens die han­dels­oor­sig het sy om­set in die jaar tot ein­de Ju­nie met 10% tot R140,7 mil­jard ge­styg. In ver­ge­lyk­ba­re win­kels, dus die­self­de win­kels as wat in die vo­ri­ge boek­jaar oop was, het ver­ko­pe met 5,8% ge­styg.

Pie­ter En­gel­brecht, uit­voe­ren­de hoof, en Ma­ri­us Bos­man, fi­nan­si­ë­le hoof, be­skryf in ’n ver­kla­ring die om­set­groei as ge­sond.

“Die moei­li­ke han­dels toe­stan­de in Suid­A­fri­ka het in die twee­de helf­te van die boek­jaar voort­ge­duur.” Die su­per­mark­te in Suid­A­fri­ka het nie­teen­staan­de hul ver­ko­pe met 10% ver­hoog. In ver­ge­lyk­ba­re win­kels het ver­ko­pe met 6,9% ge­styg.

Die groei in om­set in Suid­A­fri­ka kom te mid­de van sy in­ter­ne in­fla­sie of prys­ver­ho­gings op ’n mand­jie van pro­duk­te van 5,9%. Prys­ver­ho­gings het ge­help om om­set te laat groei. Dit is baie sker­per as die in­ter­ne in­fla­sie van 3,9% in die vo­ri­ge boek­jaar en toon die im­pak van die droog­te op die pry­se van pro­duk­te.

Bui­te Suid­A­fri­ka het die su­per­mark­te in A­fri­ka hul ver­ko­pe met 13,5% ver­hoog. In ver­ge­lyk­ba­re win­kels het ver­ko­pe met 1% ge­styg. In rand om­ge­ska­kel, word die groei in ver­ko­pe eg­ter be­perk om­dat baie van die geld­een­he­de van an­der A­fri­ka­lan­de waar hy be­dry­wig is, ver­swak het.

Die re­sul­ta­te word op 22 Au­gus­tus uit­ge­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.