Bul­le­tjies kry ’n siep­sop, braai­boud

SWD en G­rie­kwas klap eg­ter sweep Uit­slae

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us 15:30: 13:45: 10:35: 12:05: 09:00:

Was dit nie vir ’n rooi­kaart teen K­waZu­lu-Na­tal nie, het die Blou Bul­le gis­ter hul groot­ste loe­sing in die ge­skie­de­nis van die Cravenweek-rug­by­toer­nooi ge­ly.

Die o.18-Haaie het die Bul­le uit­ein­de­lik met 53-33 op die twee­de dag van dié toer­nooi ge­klop. Die Na­tal­lers was met die rus­tyd reeds met 38-7 voor.

Die span van P­re­to­ria het net so rig­ting­loos soos sy se­ni­or e­we­knie in Su­per­rug­by ge­lyk.

Dit was eers na­dat die Haaie se on­der­kap­tein en flank, Dy­lan Kru­ger, aan die ein­de van die eer­ste helf­te vir vuil­spel met ’n rooi­kaart af­ge­stuur is dat die Bul­le hul rit­me be­gin vind en ’n klom­pie drieë ge­druk het.

Die Na­tal­lers, selfs met ’n spe­ler min­der, het eg­ter die tel­bord aan die rol ge­hou en ’n to­taal van agt keer ag­ter die doel­lyn gaan draai.

Die SWD­A­ren­de het ook húl kleim af­ge­steek om Sa­ter­dag in die nie-amp­te­li­ke eind­stryd te speel deur die ge­dug­te span van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie met 27-22 ore aan te sit.

Die span, wat groot­liks uit spe­lers van die Ho­ër Land­bou­skool Oak­da­le en die Ho­ër­skool Ou­te­ni­qua be­staan, het glad nie ge­suk­kel om hul voe­te te vind nie en van meet af aan die wed­stryd be­heer.

Die SWD-stut Di­an B­leu­ler het ’n goeie dag be­leef en twee keer gaan druk.

In nog ’n wed­stryd het G­rie­kwas hul aan­slag af­ge­skop met ’n oor­tui­gen­de se­ge van 42-20 oor Oos­te­li­ke Pro­vin­sie Plat­te­land.

Al­bei span­ne het met har­dDie loop­rug­by die kra­ne oop­ge­draai en G­rie­kwas het ses keer daar­in ge­slaag om ag­ter hul teen­stan­der se doel­lyn te draai.

Die span van die Noor­dKaap, wat in 2001 laas die toer­nooi on­oor­won­ne af­ge­sluit het, was met die rus­tyd reeds met 25-8 voor.

Na­mi­bië het met aan­skou­li­ke rug­by vo­ren­dag ge­kom om ’n groot ag­ter­stand teen die Val­ke uit te wis en ein­de­lik met 52-36 te se­ë­vier.

Suid-A­fri­ka se buur­man was met die rus­tyd met 19-31 ag­ter, met die Val­ke wat in be­heer van sa­ke ge­lyk het.

In die twee­de helf­te is die bord­jies eg­ter ver­hang en het die Na­mi­bi­ërs die Val­ke met hul vaart uit­oor­lê.

Die Na­mi­bi­ërs het uit­ein­de­lik agt drieë in­ge­ryg, ter­wyl die Val­ke net vier keer die doel­lyn kon oor­steek.

Die Lui­perds het ook hul Cravenweek-aan­slag op ’n hoë noot af­ge­skop deur Zim­bab­we mak­lik met 72-17 uit die pad te vee.

Die span van Noord­wes was met die rus­tyd reeds met 20-7 voor en het uit­ein­de­lik 11 drieë ge­druk.

Die Lui­perds se heel­ag­ter, Haaie 53 (38): Drieë: Dy­lan Ri­chard­son, P­hen­du­la­ni But­he­le­zi, Sa­ne­le No­ham­ba, Dy­lan P­re­to­ri­us, C­ham Zon­de­ki, Siy­an­da Ce­le, Ryn­hardt Jon­ker, Co­nan le F­leur. Doel­skop­pe: No­ham­ba (5). Straf­doel: No­ham­ba. Blou Bul­le 33 (7): Drieë: Die­go Ap­pol­lis (2), Zach B­riel, Ul­rich Ma­ritz, Jaco La­bu­schag­ne. Doel­skop: Ma­ritz (4).

SWD-A­ren­de 27 (19): Drieë: Di­an B­leu­ler (2), Ha­nu Heu­nis, Curt­ley S­chee­pers. Doel­skop­pe: Jay Cee Nel (2). Straf­doe­le: Dar­ryn For­tuin. Oos­te­li­ke Pro­vin­sie 22 (10): Drieë: Rod­will Baat­jies, Wa­qar So­laan, Ju­and­re Sab­bat. Doel­skop­pe: Dy­lan le Roux (2). Straf­doe­le: Le Roux.

G­rie­kwas 42 (25): Drieë: De­on van Nie­kerk, Le­o­nard Bar­nard (2), E­drich Brand, Ra­mon Sauls, C­har­les Wil­li­ams. Doel­skop­pe: Wil­li­ams (3). Straf­doe­le: Wil­li­ams (2). Oos­te­li­ke Pro­vin­sie Plat­te­land 20 (8): Drieë: Clau­de Ja­cobs, Cal­lum Dug­mo­re, Vi­vi­an Kapp. Doel­skop: Ralph Kos­ter. Straf­doel: Kos­ter.

Na­mi­bië 47 (19): Drieë: Jus­tin Muir, Le Roux Booy­sen, Gi­lad Plaat­jies (2), Gers­win Mou­ton (3), Den­na Bru­wer. Doel­skop­pe: Bru­wer (6). Val­ke 36 (31): Drieë: T­ha­bo N­di­man­de (2), Wes­ley Noeth, Ru­ben Bey­tell (2). Doel­skop­pe: Dy­lan S­chwartz (4). Straf­doe­le: S­chwartz.

Lui­perds 72 (20): Drieë: Dirk Kot­ze, Ar­no Gust­af­son, Ge­rald No­ka­ma, Ru­wald van der Mer­we, Han­ru van Rooy­en (2), Lo­hann Jahns, Mit­chell van der Mer­we, Ber­tru Jo­nes (3). Doel­skop­pe: Van Rooy­en (7). Straf­doel: Van Rooy­en. Zim­bab­we 17 (7): Drieë: Ma­z­vi­tais­he Nya­ma­rebvu, Ta­di­wa Mu­chem­wa, Ta­pi­wa Ma­ri­mi­ra. Doel­skop­pe: Ti­nas­he Hom­bi­ro. Ber­tru Jo­nes, was op sy stuk­ke.

Hy het die toer­nooi se vier­de drie­kuns be­haal, met die Vry­staat se Henk Cil­liers, Yan­ga Hlu­la van die Goue Leeus en Mou­ton van Na­mi­bië wat dit reeds ver­mag het.

Pro­gram (by St. S­ti­thi­an’s Col­le­ge): G­rif­fons t. G­rens Plat­te­land; Bo­land t. G­rie­kwa­land­Wes Plat­te­land; G­rens t. Lim­po­po Blou Bul­le; Vry­staat t. Pu­mas;

Goue Leeus t. We­s­te­li­ke Pro­vin­sie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ber­tru Jo­nes, heel­ag­ter van die Lui­perds, druk een van sy vier drieë in gis­ter se wed­stryd teen Zim­bab­we op die twee­de dag van die Cravenweek­toer­nooi by St. S­ti­thi­an’s Col­le­ge in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.