De Al­len­de fo­kus eers op S­tor­mers se kwart­eind

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Met Jan Ser­fon­tein wie se toet­s­loop­baan uit­ein­de­lik vler­ke be­gin kry en Ro­han Jan­se van Rens­burg ook nog in die prent­jie, lyk Da­mi­an de Al­len­de se pad te­rug na die S­pring­bok-rug­by­span toe al­les be­hal­we ge­pla­vei. Nie­te­min be­hoort hy vir die S­tor­mers ’n sleu­tel­spe­ler te wees in­dien hul­le in die ko­men­de we­ke ’n haas uit die hoed pluk in die uit­speel­ron­des van die Su­per­rug­by-reeks.

En daar­na kan ons weer ge­sels oor die man wat die bal die mees­te in kon­tak aan­ge­gee het in 2015 se reeks en op sy bes­te die voor­deel­lyn moei­te­loos kan oor­steek.

Die te­kens is ook daar dat die S­tor­mers nou vir De Al­len­de as bal­ver­sprei­der in­span eer­der as om hom te vra om in mu­re vas te hard­loop.

“Dis lek­ker om die bal te skuif eer­der as om stamp­kar­rug­by te speel waar jy deur drie ver­de­di­gers vas­ge­vat word. Die ver­ant­woor­de­lik­heid om by ge­leent­he­de die lyn reg­uit te maak en die bal op te dra, is eg­ter steeds daar,” sê De Al­len­de.

Met C­har­lie N­ga­tai op die C­hiefs se kruk­ke­lys, be­hoort De Al­len­de se reg­streek­se teen­stan­der die voor­ma­li­ge All Black S­te­phen Do­nald of die blit­si­ge Tim Na­nai-Wil­li­ams te wees.

Jy hoef nie ’n brein­chi­rurg te wees nie om te be­sef dat daar op De Al­len­de en sy sen­ter­maat, EW Vil­joen, staat­ge­maak sal word om met hul groot ly­we oor die voor­deel­lyn te beur.

Die C­hiefs se ver­de­di­ging­stel­sel ver­eis ook van teen­stan­ders om mo­men­tum met die bal in die hand te kry voor­dat dit pun­te toe ge­skuif kan word.

“Ho­pe­lik kan ons deur hul­le kom. As ons daar­in slaag, sal die ruim­te ag­ter­langs oop­gaan. Dís wat ons wil be­reik,” sê hy.

De Al­len­de meen ook die jong man aan sy bin­ne­kant – die 19-ja­ri­ge los­ska­kel Da­mi­an Wil­lem­se – sal op­ge­was­se wees vir die taak.

“Ons pro­beer me­kaar nog vind, maar het ’n goeie be­grip vir me­kaar se spel,” sê De Al­len­de.

“Hy is die ti­pe los­ska­kel wat graag kom­mu­ni­keer en ek dink ons sal meer daar­van sien wan­neer hy eers in­ge­bur­ger raak. Tans is hy ’n jong spe­ler wat ons on­der­steu­ning no­dig het.

“As hy bin­ne ons plan kan bly, sal ons die bes­te uit hom haal.”

De Al­len­de ver­kies om sy ge­dag­tes by die S­tor­mers te hou eer­der as om sy Bok-am­bi­sies uit te stip­pel.

“My pri­mê­re fo­kus lê nou by die S­tor­mers en ons kwart­eind­stryd. Daar­na gaan dit ho­pe­lik na die half­eind­ron­de ver­skuif. So­dra ons die toer­nooi vol­tooi, kan ek op die Bok­ke en moont­li­ke in­slui­ting in die groep be­gin fo­kus.”

Da­mi­an de Al­len­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.