Vry­staat­C­hee­tahs het ’n ‘Wal­lie­se’ wa­pen

Beeld - - Sport - O­wen Kock Vry­staat­C­hee­tahs:

Die nu­we af­rig­ter van die Vry­staat-C­hee­tahs se Cur­rie­be­ker­rug­by­span, Ro­ry Dun­can, het vir ’n ver­ras­sing ge­sorg toe hy sy eer­ste span vir van­jaar se reeks ge­kies het.

Hy het die slot Ry­nier Ber­nar­do, wat voor­heen vir Ospreys in Wal­lis ge­speel het, gis­ter op die plaas­ver­van­gers­bank in­ge­sluit vir Vry­dag­aand se stryd teen die Haaie in Bloem­fon­tein.

Ber­nar­do het hom so­wat drie we­ke ge­le­de stil-stil by die Vry­sta­ters aan­ge­sluit, het Dun­can ty­dens die be­kend­ma­king van sy span ge­sê.

Dun­can sê hy ken Ber­nar­do reeds van sy dae as sko­le­spe­ler die Oos-Kaap, waar hy des­tyds vir die Oos­te­li­ke Pro­vin­sieKings ge­werf is.

“Hy is ’n baie ta­lent­vol­le spe­ler en het in 2014 al op ’n proef­grond­slag vir die C­hee­tahs se Su­per­rug­by-span na Bloem­fon­tein ge­kom. Hy is daar­na oor­see.

“Hy het vir Ospreys en die S­car­lets ge­speel en het te­rug­ge­keer Suid-A­fri­ka toe. Hy het so­wat drie we­ke ge­le­de by ons aan­ge­sluit,” sê Dun­can oor die Vry­staat se jong­ste aan­wins.

Ver­der maak die B­lits­bok Ro­sko S­pe­cman sy Cur­rie­be­ker-bui­ging vir die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen. Hy draf op reg­ter­vleu­el uit na­dat Ser­ge­al Pe­ter­sen nie ge­noeg­saam van ’n dy­spier­be­se- ring her­stel het nie.

In nog ’n ver­ras­sen­de wen­ding het Dun­can slegs een los­ska­kel – Niel Marais – in sy 22tal. Clay­ton Blom­me­tjies kan op los­ska­kel in­ge­span word in­dien die nood druk.

“Ons het ’n spe­ler soos Clay­ton wat kan in­staan in­dien no­dig. Ons het juis daar­om be­sluit om ’n plaas­ver­van­gers­bank met JW (Jon­ker, veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler) en Ce­cil (A­fri­ka) te kies, wat be­te­ken dat Ce­cil op heel­ag­ter in­ge­span kan word,” sê Dun­can.

Die ha­ker Jo­seph D­we­ba kry ook kans om Dun­can op Cur­rie­be­ker-vlak te be­ïn­druk. Hy is in die be­gin­span in­ge­sluit. Die Vry­staat se voor­ste ha­ker, To­rin sten van Jaars­veld, her­stel steeds van ’n skou­er­be­se­ring en E­land­ré Hug­gett sal ook vir min­stens nog ’n week uit ak­sie wees met ’n kuit­spier­be­se­ring.

Rei­nach Ven­ter, wat ver­le­de week sy Su­per-bui­ging ge­maak het, kan sy Cur­rie­be­ker-bui­ging op ha­ker maak as hy as plaas­ver­van­ger speel­kans kry.

skrum­ska­kel S­haun Ven­ter, wat Ti­an Mey­er (skou­er) Vry­dag ná 29 mi­nu­te van die Su­per­rug­by-stryd teen die Sout­hern Kings ver­vang het, be­gin die wed­stryd met Zee Mk­ha­be­la sy ad­ju­dant op die bank.

▪ Die los­voor­spe­ler Tier S­choe­man, wat weens trom­bo­se ty­dens die Su­per­rug­by-reeks in ’n Nieu-See­land­se hos­pi­taal op­ge­neem is, kan na ver­wag­ting op 19 Au­gus­tus sy te­rug­keer tot die veld maak.

Clay­ton Blom­me­tjies, Ro­sko S­pe­cman, Fran­cois Ven­ter (k), Wil­li­am S­mall­S­mith, Ray­mond R­hu­le, Niel Marais, S­haun Ven­ter, Hen­co Ven­ter, U­zair Cas­siem, Niell Jor­daan, Re­niel Hugo, Carl Weg­ner, Ara­nos Coet­zee, Jo­seph D­we­ba, C­har­les Marais. PLAASVERVANGERS: Rei­nach Ven­ter, Ox N­che, Ry­nier Ber­nar­do, Chris Dry, Zee Mk­ha­be­la, JW Jon­ker, Ce­cil A­fri­ka.

Ry­nier Ber­nar­do

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.