Kaap soos ‘2de tuis­te’ vir C­hiefs

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die feit dat die C­hiefs hul Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd teen die S­tor­mers op Nu­we­land moet speel, boe­sem nie vrees by dié span in nie.

Trou­ens, Da­ve Ren­nie, af­rig­ter van die C­hiefs, het Nu­we­land gis­ter as hul “twee­de tuis­veld” be­skryf.

Dié Ki­wi-span het die S­tor­mers ver­le­de jaar op die ein­ste Nu­we­land met 60-21 af­ge­ran­sel.

Die S­tor­mers het eg­ter in A­pril van­jaar wraak ge­neem en die span van Ha­mil­ton met 34-26 in ’n li­ga­wed­stryd ge­klop.

Ren­nie meen die twee span­ne weeg van­jaar goed teen me­kaar op en is be­ïn­druk deur hoe die S­tor­mers die af­ge­lo­pe jaar ver­be­ter het.

“Ver­le­de jaar het hul­le nie teen e­ni­ge Ki­wi-span in die groep­fa­se ge­speel nie en hul­le is on­ver­hoeds be­trap deur die spoed en in­ten­si­teit van ons spel,” sê Ren­nie. “Van­jaar het hul­le teen al vyf Ki­wi-span­ne ge­speel en al­bei hul tuis­wed­stry­de teen Ki­wi-span­ne ge­wen.”

Ren­nie meen die S­tor­mers het hul fiks­heid van­jaar ver­be­ter en toon ook ’n be­reid­wil­lig­heid om aan­val­len­der rug­by te speel.

“In ons vo­ri­ge ont­moe­ting van­jaar het hul­le hul kan­se goed be­nut en dit reg­ge­kry om ons on­der ge­wel­di­ge druk te plaas,” sê Ren­nie.

Die C­hiefs-brei­er is eg­ter vol ver­troue dat sy span Sa­ter­dag weer suk­ses in die Moe­der­stad kan smaak, aan­ge­sien hul­le die af­ge­lo­pe ses jaar ses keer hier kom speel het.

“Dit is soos ons twee­de tuis­te en Kaap­stad bly nou maar ’n prag­ti­ge stad,” sê Ren­nie.

“Vir van­jaar se kwart­eind was ons ook so be­voor­reg om so ’n bie­tjie vroe­ër (Son­dag­aand) hier aan te kom. Dít het ons meer tyd ge­gee om met die har­de werk weg te val. Spe­lers sal dan ook in die week ’n blaas­kans kry en kan die stad ’n bie­tjie gaan ver­ken.

“Wan­neer ons hier kom speel, kry ons boon­op ge­woon­lik goeie on­der­steu­ning en dit be­hoort soos in die vo­ri­ge wed­stry­de weer die ge­val te wees.”

Die C­hiefs het eg­ter ’n te­rug­slag ge­had voor Sa­ter­dag se wed­stryd. Die er­va­re sen­ter C­har­lie N­ga­tai kon weens ’n en­kel­be­se­ring nie saam Kaap­stad toe kom nie.

N­ga­tai het sy en­kel ge­swik in die af­ge­lo­pe na­week se se­ge oor die Brum­bies in Ha­mil­ton.

In sy af­we­sig­heid be­hoort die ve­te­raan S­te­phen Do­nald en die All Black-bui­te­sen­ter An­ton Lie­nert-Bro­wn die mid­del­veld vir die C­hiefs te be­man.

Ren­nie kan ook op die be­skik­baar­heid van an­der All Blacks soos die C­hiefs se me­de­kap­tein en flank Sam Ca­ne en die slot Bro­die Re­tal­lick staat­maak.

Da­ve Ren­nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.