Ma­pim­pi word toe Kings se ster

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Van on­be­son­ge G­rens-uit­blin­ker tot die Sout­hern Kings se Spe­ler van die Su­per­rug­by-sei­soen.

Dít is die ver­haal – so­ver – van die 26-ja­ri­ge vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi.

Die Kings het Ma­pim­pi pas as hul groot­ste ster in ’n op­win­den­de sei­soen aan­ge­wys.

Die haas­ti­ge vleu­el, wat 11 drieë ge­druk het, het ook van­jaar reeds die Suid-A­fri­kaan­se A-span ge­haal. Nou is hy op pad na die C­hee­tahs en si­nie­se waar­ne­mers hou dalk duim­vas dat hy nie, soos so­veel an­der Kings-spe­lers in die ver­le­de wat vir an­der u­nies gaan speel het, van die to­neel ver­dwyn nie.

De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter, ver­dien ’n klop op die skou­er dat hy Ma­pim­pi van­jaar speel­kans ge­gee het.

Teen die ein­de van ver­le­de jaar het Ma­pim­pi reeds meer as 50 wed­stry­de vir die G­rens-Bul­l­dogs ge­speel.

Om­dat die Bul­l­dogs in die Cur­rie­be­ker-reeks se Eer­ste Li­ga speel, is sy ta­len­te eg­ter deur min raak­ge­skien. By die Kings het hy be­hoor­lik be­gin blom en die ver­beel­ding met sy op­win­den­de lo­pies aan­ge­gryp.

Daar is ’n paar an­der spe­lers wat net­so­wel as die Kings se Spe­ler van die Sei­soen aan­ge­wys kon word.

Li­o­nel Cron­jé, die los­ska­kel, was ’n in­vloed­ry­ke spe­ler. Sy lei­er­skap het baie vir die OosKa­pe­naars be­te­ken.

Cron­jé was ver­le­de jaar ’n ver­ge­te spe­ler. Hy het nie eens meer rug­by ge­speel nie toe Da­vids hom ge­kon­tak het om weer die ste­wels aan te trek.

Da­vids het aan Cron­jé baie vryheid ge­gee om hom op die veld uit te leef.

’n Mens kry die i­dee dat Cron­jé nie die soort spe­ler is wat sy rug­by ge­niet as hy on­der streng in­struk­sies speel nie.

Druk hom in ’n boks en sy self­ver­troue kan dalk weg­kwyn.

Die los­voor­spe­lers Chris Cloe­te en An­di­sa Nt­si­la het net soos Cron­jé en Ma­pim­pi vir SuidA­fri­ka se naas­bes­tes teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans ge­speel. Dit was goeie be­lo­ning vir hul har­de werk en goeie spel by die Kings.

Die skit­ter­spel van Lu­zu­ko Vu­lind­lu, wat van­jaar van vleu­el na bin­ne­sen­ter ge­skuif het, was ook ’n lig­punt.

Ross Gel­den­huys het ook ’n ys­li­ke by­drae as vas­kop­stut en se­ni­or spe­ler ge­le­wer.

Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.