Te­leur­stel­len­de ein­de vir SA se C­had Ho

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Die Suid-A­fri­kaan­se lang af­stand-swem­mer C had Ho­se Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Boe­da­pest, Hon­ga­rye, het gis­ter met ’n 13de plek in die 10 km-oop wa­ter kompetisie ge­ëin­dig.

Ho, wat twee jaar ge­le­de as die wê­reld­kam­pi­oen in die 5 km ge­kroon is, was Sa­ter­dag 11de in daar­die i­tem.

Die Ne­der­lan­der Fer­ry Weert­man, die O­lim­pie­se én Eu­ro­pe­se 10 km-kam­pi­oen, het gis­ter ook die wê­reld­ti­tel ag­ter sy naam ge­skryf toe hy die ver­de­di­gen­de wê­reld­kam­pi­oen, Jor­dan Wi­li­mo­vsky van die VSA, met ’n tien­de van ’n se­kon­de ver­slaan het. Hy was baas met ’n tyd van

1 uur, 51 mi­nu­te en 58.50 se­kon­des, ter­wyl Jor­dan in 1:51:58.60 klaar­ge­maak het.

Marc-An­toi­ne O­li­vier, wat Sa­ter­dag die 5 km-goud ge­wen het, was der­de in 1:51:59.20.

Ho het net meer as 31 se­kon­des ná Weert­man klaar­ge­maak, in 1:52:29.90.

Die oop­wa­ter-fa­se van die Wê­reld­by­een­koms word van­dag met die vroue se 5 km-kompetisie af­ge­sluit.

Suid-A­fri­ka het twee deel­ne­mers daar­in: Mi­chel­le We­ber en Ro­byn King­horn.

Die 20-ja­ri­ge We­ber het ’n merk­waar­di­ge ver­haal. Sy is vier jaar ge­le­de ge­o­pe­reer na­dat dok­ters ge­vind het daar is

Nt­wee e­lek­trie­se “paad­jies” na haar hart, wat haar pols­slag tot 240 slae per mi­nuut laat op­skiet het wan­neer sy ge­swem het.

Na­dat die een pad ver­wy­der is, het sy ver­le­de jaar vir die O­lim­pie­se S­pe­le ge­kwa­li­fi­seer deur in’ n 10 km-kwa­li­fi­se­ring s ren ses­de te ein­dig. Sy was 18de in die O­lim­pie­se kompetisie in Rio de Ja­nei­ro.

King­horn, wat eers aan­staan­de maand 18 word, het die na­week in Boe­da­pest vir net die vier­de keer ooit aan ’n 10 km­ren deel­ge­neem en 43ste ge­ëin­dig.

Sy het aan Sas­kok ge­sê sy is op­ge­won­de oor die 5 km, om­dat sy be­ter daar­in is.

▪ Die Wê­reld­by­een­koms se ak­sie in die swem­bad be­gin Son­dag en duur tot 30 Ju­lie.

Die ou staat­ma­kers C­had le Clos en Ca­me­ron van der Burgh sal aan die voor­punt van Suid-A­fri­ka se aan­slag staan. Le Clos sal, soos ver­le­de jaar op die O­lim­pie­se S­pe­le, in die 200 m-vry­slag en die 100- en 200-vlin­der­slag mee­ding. Van der Burgh se i­tems is die 50- en 100-bors­slag.

My­les Bro­wn (200-vry­slag), Brad Tan­dy (50-vry­slag), Doug­las Eras­mus (50-vry­slag), Za­ne Wad­dell (50-vry­slag), Tat­ja­na S­choen­ma­ker (200-bors­slag) en B­rent S­zur­do­ki (1 500vry­slag) is die an­der Suid-A­fri­ka­ners wat in Boe­da­pest sal deel­neem.

Fo­to: GETTY IMAGES

C­had Ho

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.