‘TEENWOORDIGHEID EN DIEPTE’ LAAT IN­DRUK Jon­ge Mar­kram bly

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Die Pro­te­as hou hul op­sies oop vir die oor­bly­wen­de twee krie­ket­toet­se teen En­ge­land.

Krie­ket Suid-A­fri­ka het gis­ter be­ves­tig Ai­den Mar­kram, jong aan­vangs­kol­wer van die Ti­tans, gaan in die Pro­tea-groep vir die oor­bly­wen­de toet­se op die O­val in Lon­den en Old Traf­ford in Man­ches­ter aan­bly.

Mar­kram is voor die eer­ste toets by die groep in­ge­sluit in die af­we­sig­heid van Faf du P­les­sis, die kap­tein, wat sy vrou met die ge­boor­te van hul eer­ste­ling by­ge­staan het.

Jon-Jon S­muts ver­vang Mar­kram in die Suid-A­fri­ka (SA) A-groep vir die drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks teen In­dië A en Af­ga­ni­stan A.

Mar­kram was voor die reeks in die wed­loop saam met Hei­no Kuhn om De­an El­gar se aan­vangs­maat te wees, maar die keur­ders het toe be­sluit om op die er­va­re Kuhn se knop­pie te druk. Of­skoon Kuhn goed ver­toon het in die eer­ste beurt in die twee­de toets, was sy 34 in dié kolf­ses­sie sy e­nig­ste tel­ling in vier beur­te wat dub­bel­sy­fers be­reik het.

Kuhn sal waar­skyn­lik nog kan­se kry, maar Mar­kram se teenwoordigheid sal die diepte van die aan­vangs­kol­wers in die groep ver­sterk. Met JP Du­miny en T­heu­nis de Bruyn klaar in die groep, maak dit nie sin om nog ’n re­ser­we­kol­wer te dra nie.

▪ In­tus­sen het Du P­les­sis ná die twee­de toets ef­fe tong in die kies ge­sê dat Ver­non P­hi­lan­der op pad is om “die nu­we Ja­c­ques Kal­lis” te word.

P­hi­lan­der het’ n spe­ler-van­die-wed­stryd ver­to­ning ge­le­wer in Suid-A­fri­ka se se­ge met 340 lo­pies in die twee­de toets teen En­ge­land.

BBCS­port

be­rig die Pro­te­as se kap­tein het P­hi­lan­der met die le­gen­da­rie­se Kal­lis ver­ge­lyk na­dat hy waar­de­vol­le kolf­beur­te van 54 en 42 op die nr. 7-po­si­sie be­haal het. Die Ka­pe­naar het boon­op 3/24 in tien beur­te in En­ge­land se ramp­spoe­di­ge twee­de beurt ge­neem om sy groot­to­taal tot vyf paal­tjies in die toets te bring.

Kal­lis, wat in 2014 uit­ge­tree het, het 45 toets hon­derd­tal­le teen ’n ge­mid­deld van meer as 55 be­haal. Die Pro­tea-le­gen­de het ook 292 paal­tjies teen ’n ge­mid­deld van 32.65 laat kan­tel en 200 vang­sko­te be­nut.

P­hi­lan­der, wat as meer van ’n uit­ste­ken­de naat­bou­ler as ’n ge­dug­te kol­wer be­skou word, se sta­tis­tiek is nie naas­ten­by so in­druk­wek­kend soos Kal­lis s’n nie – sy hoog­ste tel­ling in 45 toet­se is 74.

Maar 169 paal­tjies teen ’n ge­mid­deld van 22.21 is be­wys van sy doel­tref­fend­heid as ’n bou­ler.

“Hy is be­sig om die nu­we Ja­c­ques Kal­lis te word in die wy­se waar­op hy kolf,” sê Du P­les­sis.

“Hy is ’n fan­tas­tie­se krie­ket­spe­ler. Wan­neer daar iets is (in die kolf­blad) is hy waar­skyn­lik die bes­te ter wê­reld om iets daar­mee uit te rig.”

Die der­de toets be­gin op 27 Ju­lie op The O­val.

▪ En­ge­land het gis­ter die nuus ge­kry dat sy to­por­de-kol­wer, Ga­ry Bal­lan­ce die der­de toets gaan mis­l­lop met ’n ge­breek­te vin­ger. Hy is Son­dag teen die hand­skoen ge­tref deur Mor­né Mor­kel.

Ai­den Mar­kram

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.