Ro­se droom steeds van ’98 se suk­ses

Beeld - - Sport - – Ma­ri­zan­ne Kok

Op die Son­dag van 1998 se B­rit­se Ope – van­dag pre­sies 19 jaar ge­le­de – het ’n melk­baard­B­rit hom aan die wê­reld be­kend ge­stel met ’n vier­de plek op die Roy­al Birk­da le­gholf­baan.

Die kap­hou van voor die set­perk wat van Jus­tin Ro­se by die 72ste put­jie ’n be­ken­de naam ge­maak het, was die laas­te van sy a­ma­teur­loop­baan – en die gholf­wê­reld het on­mid­del­lik voor­spel ’n groot toe­koms wag op hom.

Van­dag, by­na twee de­ka­des la­ter, weet ons daar­die voor­spel­ling was in die kol. Ro­se is ver­le­de jaar as O­lim­pie­se kam­pi­oen ge­kroon, was in 2013 die A­me­ri­kaan­se Ope­kam­pi­oen en het vier keer in die Ry der be­ker­kom­pe­ti­sie ge­speel.

Maar die jon­ger ge­slag sal nie weet dat hy sy eer­ste 21 af­sny­pun­te as ’n be­roep­spe­ler ge­mis het nie. En dat hy nog nooit be­ter in die B­rit­se Ope kon ein­dig as in 1998 nie.

“Dis te­leur­stel­lend,” het Ro­se gis­ter vol­gens Golf­week er­ken. “Ek dink die ver­wag­tin­ge van my en die feit dat ek men­se nie wou te­leur­stel nie, het vir ’n paar jaar daar­na hul tol ge­ëis. Ek het my spel van 1998 dalk selfs vir ’n paar jaar ge­stel as die mo­del van hoe ek weer wou speel. Die vryheid wat ek daar­die spe­si­fie­ke week ge­had het, die ver­troue in my kort­spel, die on­skul­dig­heid waar­mee ek ge­speel het, is al­les steeds ’n mo­del.

“Ek staan steeds ver­stom dat ek so kon mee­ding in die pyl­vak en net twee houe ag­ter die wen­ner (die A­me­ri­ka­ner Mark O’Me­a­ra) kon ein­dig – en dit op 17.”

Die B­rit­se Ope keer van­dees­week vir die twee­de keer hier­die eeu te­rug na Roy­al Birk­da­le, waar Pa­draig Har­ring­ton in 2008 sy twee­de Cla­ret Jug ge­wen het.

Ro­se is nou 12de ter wê­reld en word be­skou as een van die guns­te­lin­ge vir suk­ses as En­ge­land se voor­ste spe­ler en B­rit­tan­je se naas­bes­te (ná die Noord­Ier Ro­ry M­cIl­roy).

Hy was net ’n paar we­ke ge­le­de vier­de in die Ier­se Ope en mag met reg groot droom. Dié keer, sê Ro­se, voel dit as­of hy weer met die­self­de vryheid speel as toe hy 17 was.

“Ek dink die on­skuld is baie vin­nig by my weg­ge­neem deur al daar­die af­sny­pun­te wat ek ge­mis het. Gholf het moei­lik ge­word en ek het te hard pro­beer.

“Maar nou voel dit of ek weer op ’n punt in my loop­baan is waar ... ja, ek het nog baie om aan my­self te be­wys, maar ek pro­beer my­self ook nie aan e­nig­ie­mand an­ders be­wys nie. Dit gee my vryheid.”

Jus­tin Ro­se gis­ter in ’n oe­fen­ron­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.