Pro­te­as se droom ein­dig

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Só na­by en tog so ver.

Suid-A­fri­ka se vroue-krie­ket­span het gis­ter in B­ris­tol En­ge­land laat bloed sweet in die half­eind­ron­de van die Wê­reld­be­ker-toer­nooi.

Die guns­te­ling het uit­ein­de­lik die wed­stryd met twee paal­tjies van die der­de laas­te bal van die wed­stryd ge­wen.

Dit was by­na een van die groot op­skud­dings in sport van 2017, maar En­ge­land se er­va­re spe­lers het hom net-net oor die wen­tou ge­help.

Dit was ’n won­der­li­ke te­rug­veg­po­ging deur die be­soe­kers. Suid-A­fri­ka se kol­wers het op ’n sta­di­ge kolf­blad ge­suk­kel en kon slegs 218/7 in hul 50 boul­beur­te aan­te­ken.

En­ge­land, met sy sterk kolf­lys, was toe sa­lig op pad na ’n mak­li­ke se­ge in die 33ste boul­beurt op 139/2 toe ’n puik stuk­kie veld­werk deur Suid-A­fri­ka se kap­tein, Dané van Nie­kerk, am­per die gang van die half­eind­stryd ge­swaai het.

Van Nie­kerk, op pa­trol­lie in die dek­ke, het ’n bal blits­vin­nig op­ge­raap en die paal­tjie aan die kol­wer se kant om­ge­gooi om van die ge­vaar­li­ke Sa­rah Tay­lor (54) ont­slae te raak. Toe die jong by­breek­bou­ler Suné Luus (2/24) in die vol­gen­de boul­beurt van twee En­gel­se kol­wers – He­at­her K­nig­ht (30) en Nat S­ci­ver (3) – ont­slae ge­raak het, was die Pro­te­as heel­te­mal te­rug in die wed­stryd.

En­ge­land was steeds die guns­te­ling. Hy het 73 lo­pies van 96 bal­le no­dig ge­had, maar skie­lik het die tuis­span die druk be­gin voel.

Die Pro­te­as het die lo­pie­kraan be­gin toe­draai en tus­sen die 37ste en 42ste boul­beur­te kon En­ge­land net 15 lo­pies aan­te­ken. Skie­lik was dit 42 lo­pies no­dig van 42 bal­le.

Dit is hier waar En­ge­land se er­va­ring be­gin tel het. Jen­ny Gunn (27*) en Fran Wil­son (30) het 40 lo­pies om die 7de paal­tjie ge­voeg om En­ge­land na­by ge­noeg aan die wen­to­taal te kry.

Die En­gel­se het net 3 lo­pies van die laas­te beurt van S­habnim Is­mail (1/49) be­no­dig en die Pro­te­as het hul­le steeds laat sweet. Gunn is met die eer­ste bal van die boul­beurt met ’n moei­li­ke kans deur Is­mail laat val, maar twee bal­le la­ter het sy vir Lau­ra Marsh met ’n sta­di­ger af­le­we­ring uit­ge­boul. Skie­lik was dit twee lo­pies van drie bal­le met ’n nu­we kol­wer voor die pen­ne.

Anya Sh­rub­so­le het eg­ter ys­wa­ter in haar are ge­had en die eer­ste bal vir ’n vier deur die dek­ke ge­mo­ker om die wed­stryd te be­klink.

Die Pro­te­as was in tra­ne ná die wed­stryd, maar dit was ’n uit­ste­ken­de ver­to­ning deur die span.

Aya K­ha­ka was die bes­te bou­ler op die dag en het met 2/28 van haar 10 boul­beur­te ge­ein­dig.

As daar een swak plek vir die Suid-A­fri­ka­ners was, was dit hul dis­si­pli­ne. Hul­le het 25 ek­stras, in­slui­ten­de 17 wyd­lo­pers en 3 fout­bal­le, af­ge­staan en dit was uit­ein­de­lik die verskil tus­sen die twee span­ne.

Die Pro­te­as se kolf­beurt het vroe­ër ge­suk­kel om aan die gang te kom, maar Lau­ra Wol­f­aardt (66 van 100 bal­le; 8x4) en Mig­non du P­reez (76 van 95 b; 9x4) het ’n goeie grond­slag ge­lê.

Aus­tra­lië en In­dië speel van­dag hul half­eind­stryd.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die En­gel­se kol­wer Anya Sh­rub­so­le ver­troos gis­ter die Pro­te­as se krie­ket­kap­tein, Dané van Nie­kerk. Sh­rub­so­le het in die laas­te boul­beurt die wen­lo­pies vir En­ge­land ge­mo­ker in sy Wê­reld­be­ker­half­eind­stryd teen Suid­A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.