Ac­kers: Ver­keer­de span­ne kry trek­pas

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Hoe­kom moet die Su­per­ru gby­span­ne uit Ja­pan (Sun­wol­ves) en Ar­gen­ti­nië (Ja­gua­res) be­hou word ná net twee jaar in die reeks?

Dít is die vraag wat Jo­han Ac­ker­mann, hoof­af­rig­ter van die Leeus, stel oor die her­struk­tu­re­ring van die Su­per-reeks.

Wat die af­rig­ter van die Leeus be­tref, kon dié twee eer­der on­der die val­byl be­land het as die C­hee­tahs en die Sout­hern Kings.

Ac­ker­mann het na­dat sy span die Haaie die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag in Dur­ban ge­klop het om eer­ste op die pun­te­lys te ein­dig, ge­sê hy weet nie hoe­kom daar ’n vry­pas aan die Sun­wol­ves en Ja­gua­res uit­ge­deel moes word om in die kompetisie te bly nie.

“Ek voel reg­tig jam­mer vir die twee Suid-A­fri­kaan­se span­s­pan­ne ne wat nou uit­ge­sny is,” sê hy.

Tog sê Ac­ker­mann die C­hee­tahs en Kings is nou veel be­ter daar­aan toe as wat die ge­val met die Leeus was toe hul­le in 2013 uit Su­per­rug­by ge­gooi is.

“Toe was ons heel­te­mal in die koue en is daar glad nie na ons ge­kyk nie. Ons moes maar self sien hoe ons kon klaar­kom met wed­stry­de om ons spe­lers aan die gang te hou.

“Hul­le (Kings en C­hee­tahs) is nou veel be­ter daar­aan toe as toe ons ge­re­le­geer is. Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) het ge­help om hul toe­koms te ver­se­ker deur vir hul­le ’n plek in ’n an­der reeks te vind.

“Hul deel­na­me in die Pro12 in Eu­ro­pa sal dié span­ne da­rem help om hul groe­pe by­me­kaar te hou en nie ’n te groot uit­tog van spe­lers te er­vaar nie,” glo Ac­ker­mann.

Hul­le is da­rem nou veel be­ter daar­aan toe as toe ons ge­re­le­geer is.

Fo­to: GALLO IMAGES

Jo­han Ac­ker­mann meen die Sun­wol­ves en die Ja­gua­res kon eer­der as die C­hee­tahs en die Kings as Su­per­span­ne in die slag ge­bly het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.