Groot boer­pot wink vir Leeus

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

R10 mil­joen.

Dít is met hoe­veel die Leeus se bank­ba­lans ver­ste­wig kan word deur­dat hul­le eer­ste op die Su­per­rug­by-pun­te­lys ge­ëin­dig het.

Die bal is eg­ter nou in die spe­lers se baan om se­ker te maak dat daar­die be­drag werk­lik­heid kan word deur die voor­deel te be­nut dat hul­le van die kwart­eind­ron­de tot die eind­stryd tuis­voor­deel op El­lis­park kan hê.

Ed­gar Rat­hbo­ne, wat vir geld­sa­ke by die Leeus ver­ant­woor­de­lik is, sê die wins wat die u­nie in die vol­gen­de drie we­ke kan maak, kan op tus­sen R10 mil­joen en R15 mil­joen ge­re­ken word. Daar wink dus nie net ’n pot goud aan die ein­de van die re­ën­boog vir die Leeus as hul­le die Su­per­tro­fee ver­o­wer nie, maar ook ’n wa­vrag vol geld.

“Dit is die moont­lik­heid van drie wed­stry­de wat jy ek­stra kry waar­voor daar nie aan die be­gin van ’n sei­soen be­groot word nie,” sê Rat­hbo­ne, die fi­nan­si­ë­le en kom­mer­si­ë­le be­stuur­der van die Leeus.

“Ek sal re­ken die swaai die af­ge­lo­pe na­week, waar sa­ke met die Cru­sa­ders se ne­der­laag en ons se­ge oor die Haaie só uit­ge­werk het dat ons bo ein­dig, kan in die om­ge­wing van R10 mil­joen ge­skat word.

“Die kaart­jie­ver­ko­pe vir die kwart­eind­stryd het ná die na­week ook mooi vlam ge­vat en 15 000 kaart­jies is al die laas­te paar dae ver­koop. Ons hoop om Sa­ter­dag so 40 000 toe­skou­ers op El­lis­park te hê. Die feit dat dit ’n der­by­wed­stryd is en daar hier op die Ho­ë­veld ook baie Haai-on­der­steu­ners is, maak die be­lang­stel­ling nog so­veel gro­ter.

“Boon­op word die wed­stryd op ’n goeie tyd (14:30) ge­speel en kan die men­se huis toe gaan

wan­neer dit nog lig is.”

Dit skep’ n baie ge­sin s vrien­de­li­ker at­mos­feer en daar word juis met spring­kas­te­le en an­der ver­maak voor­sie­ning ge­maak vir kin­ders, sê hy.

Ver­le­de jaar was daar vir die kwart­eind­stryd teen die Cru­sa­ders so­wat 30 000 toe­skou­ers, maar aan­ge­sien die Leeus nou teen ’n Suid-A­fri­kaan­se span te staan kom, sal die ska­re aan­sien­lik gro­ter wees, sê hy.

Die Leeus moet vol­gens hom heel­wat meer uit­ga­wes aan­gaan, aan­ge­sien die be­soe­ken­de span in ’n kwart­eind­stryd in­ge­vol­ge San­zaar-re­ëls $75 000 (R970 000) be­taal w or­den ek­stra vei­lig­heids­maat­re­ëls ook ge­tref moet word. Daar is ook ek­stra ver­voer­uit­ga­wes om dit vir toe­skou­ers ge­rief­li­ker te maak om by die sta­di­on uit te kom.

In ’n half­eind­stryd moet die be­soe­ken­de span $100 000 (R1,29 mil­joen) be­taal word en as daar ’n be­soe­ken­de span in ’n eind­stryd is, is daar­die be­drag $125 000 (R1,6 mil­joen).

“As ons die eind­stryd haal, sal dit soos drie toet­se wees wat jy in die be­stek van drie we­ke aan­bied. Dit is har­de werk vir ons per­so­neel, maar ho­pe­lik word dit uit­ein­de­lik al­les die moei­te werd ge­maak as ons die reeks suk­ses­vol op die speel­veld kan af­sluit,” sê Rat­hbo­ne.

Die kaar­tjie­pry­se vir Sa­ter­dag se kwart­eind­stryd is R60, R100, R 160 e nR 275.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.