Gholf­lig­gaam raak streng oor vroue se kle­re

Beeld - - Sport -

’n Voor­aan­staan­de gholf­lig­gaam word ge­kri­ti­seer na­dat hy stren­ger re­ëls op­ge­stel het oor wat vrou­e­spe­lers op die baan mag dra. S­pan­broe­ke (leg­gings), kort rom­pies en lae hals­ly­ne is be­let.

Vroue wat die nu­we re­ëls oor­tree, kan met $1 000 be­boet word – en die boe­te ver­dub­bel el­ke keer as die kle­re­ko­de oor­tree word.

“Die romp en broek moet lank ge­noeg wees om die boud­ge­deel­te te al­le tye te be­dek (al word dit met ’n on­der­broe­kie be­dek), staan­de of ge­buk,” het Vicki Goet­ze­Ac­ker­man, pre­si­dent van die A­me­ri­kaan­se LPGA, vroe­ër van­dees­maand in ’n e­pos oor die nu­we re­ëls ge­sê.

Die re­ël­ve ran­de­rings, wat Maan­dag in wer­king tree, het wyd kri­tiek ont­lok en die LPGA is in so­si­a­le me­dia daar­van be­skul­dig dat die gholf­lig­gaam vrou­e­spe­lers “skaam laat voel” oor hul lig­ga­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.