Ma, seun saam in waak­een­heid

Beeld - - Voorblad - Seug­net van Zyl en Ü­gen Vos

“My prag­ti­ge kin­ders, Chris­ti­an en Al­din, is saam hul pap­pa in ’n mo­tor­on­ge­luk dood. Op pad te­rug van­af Mo­sam­biek.”

I­tha Kie­ser, pro­duk­sie­re­dak­teur van die tyd­skrif Wild & Jag, het gis­ter­aand die tra­gie­se nuus so op Facebook be­kend ge­maak.

Chris­ti­an (15), Al­din (12) en I­tha se ver­vreem­de man, Hein­rich, is eer­gis­ter op slag dood.

Hul sport­nuts­voer­tuig het eer­gis­ter­mid­dag op die N4 tus­sen Ma­la­la­ne en Hec­tor­spruit reg van voor teen ’n vrag­mo­tor ge­bots. “Dit is nog ’n baie groot skok vir al­mal,” sê haar broer, Her­man Pie­naar.

Gil­li­an Ven­ter (47) en haar seun, Jor­dan (15), ’n gr. 9-leer­ling aan die Paul Roos Gim­na­si­um, was eer­gis­ter saam met Hein­rich en sy seuns op pad te­rug van va­kan­sie in Mo­sam­biek. Al­bei lê in ’n hos­pi­taal in M­bom­be­la (Nel­spruit) se waak­een­heid.

Ven­ter, van P­re­to­ria, en Hein­rich was in ’n ver­hou­ding.

Ven­ter is in ’n kri­tie­ke toe­stand en sal na ver­wag­ting van­dag ’n twee­de o­pe­ra­sie on­der­gaan.

“Haar le­wer het ge­skeur, sy ly aan in­wen­di­ge bloe­ding en haar skou­er, arm, al haar rib­be en en­kel is in die on­ge­luk ge­breek,” sê Pie­ter Ven­ter (53), haar eks­man.

“Jor­dan is ge­luk­kig bui­te ge­vaar, maar het ’n ge­kraak­te ske­del en bek­ken en ’n gat in die long. Hy is op baie pyn­me­di­ka­sie, maar die ar­me kind moes al­les sien ge­beur het en het vroe­ër sag­gies aan ie­mand ge­sê: ‘Hein is dood.’ ”

Pie­ter, wat op goeie voet met Gil­li­an ge­bly het, het gis­ter van Ge­or­ge ge­vlieg om saam met haar en sy seun te wees.

Chris­ti­an was in gr. 9 aan die P­re­to­ria Boys High S­chool en Al­din in gr. 7 aan die Wa­ter­kloof P­ri­ma­ry S­chool.

Pie­naar sê die broers was goeie sport­man­ne. “Chris­ti­an het na­si­o­na­le kleu­re in gholf en wa­ter­po­lo ge­had en sou me­ni­ge man ’n les op die gholf­baan kon leer. Al­din was ’n kra­ni­ge sok­ker­spe­ler en het rug­by vir die Har­le­quins-klub se o.13-span ge­speel.”

Al­bei het ook a­ka­de­mies goed pres­teer en graag saam met hul pa gaan jag.

’n Rou­diens vir Chris­ti­an en Al­din sal voor­lo­pig vol­gen­de Vry­dag by die P­re­to­ria Boys High S­chool ge­hou word.

Pie­naar sê daar word nog op Hein­rich se fa­mi­lie oor­see ge­wag om die re­ë­lings te fi­na­li­seer.

Vol­gens Pie­ter was Gil­li­an en Hein­rich baie ge­luk­kig saam. Hy het ook ’n 19-ja­ri­ge dog­ter, O­li­via, wat in S­pan­je werk. “Dié is ’n reu­se­tra­ge­die en ek kan net God dank dat Gil­li­an en Jor­dan dit e­nig­sins oor­leef het,” sê hy.

Jo­seph Ma­bu­za, woord­voer­der van die de­par­te­ment van ge­meen­skaps­vei­lig­heid in M­pu­ma­lan­ga, sê die vrag­mo­tor­be­stuur­der het pro­beer om ’n bot­sing met ’n mo­tor voor hom te ver­my.

Hy het na regs uit­ge­swaai en teen die Kie­sers se sport­nuts­voer­tuig ge­bots.

Fo­to’s: FACEBOOK

I­tha Kie­ser en haar seuns, Al­din (12) en Chris­ti­an (15). In­las: Hein­rich Kie­ser.

Jor­dan Ven­ter en sy ma, Gil­li­an.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.