Vrou sien nie na­de­le van ou kon­tak­len­se

Beeld - - Voorblad -

Dok­ters wat ’n vrou wou o­pe­reer om ka­ta­rak­te te ver­wy­der, het op 27 weg­gooi­ba­re kon­tak­len­se op haar een oog af­ge­kom.

Die dok­ters het aan­vank­lik 17 kon­tak­len­se wat op­me­kaar ge­sit het in haar reg­ter­oog ge­kry en toe nóg ’n “groot mas­sa”.

Dit was nog tien kon­tak­len­se wat met mu­kus saam­ge­koek was.

Die ka­ta­rak­o­pe­ra­sie is vir twee we­ke uit­ge­stel.

Die vrou (67) het die af­ge­lo­pe 35 jaar kon­tak­len­se ge­bruik wat sy maan­de­liks moes om­ruil en net nie daar­van ver­wy­der nie.

Dié ge­val is in die B­ri­tish Me­di­cal Jour­nal aan­ge­te­ken.

Ru­pal Mor­ja­ria, wat op­lei­ding in of­tal­mo­lo­gie ont­vang en die ar­ti­kel vir The BMJ ge­skryf het, sê dit moes haar oog ge­wel­dig ge­ïr­ri­teer het. Sy het ge­dink die ir­ri­ta­sie is om­dat haar oë droog en sy ou­er is.

CNN be­rig die dok­ters is nie se­ker hoe lank die kon­tak­len­se in haar oë ge­sit het nie, maar hul­le ver­moed sy het nie vir ge­reel­de on­der­soe­ke ge­gaan nie.

Sy het glo aan die dok­ters ge­sê sy het pro­beer om ’n kon­tak­lens uit haar oog te ver­wy­der, maar kon dit nie kry nie. Sy het net ge­dink sy het dit ie­wers laat val.

Vol­gens CNN was haar lin­ker­oog nie ge­raak nie.

Hul­le het by­voeg as ’n kon­tak­lens vas­sit, sal ’n mens ’n skerp pyn er­vaar, jy sal sen­si­tief vir lig wees en die oog sal rooi wees. As jou oë droog is, sal dit eer­der san­de­rig voel.

Kon­tak­len­se moet ook nooit lan­ger as die voor­ge­skre­we tyd ge­bruik word nie en in die reg­te hou­er en vloei­stof ge­berg word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.