Plak die kuns­werk toe

Per­so­neel­le­de lag toe kaal seun­tjie skreeu

Beeld - - Voorblad - Susan Cil­liers

’n Drie­ja­ri­ge seun­tjie het ge­gil ter­wyl ’n lag­gen­de per­so­neel­lid hom op ’n y­si­ge dag by ’n kleu­ter­skool in Rus­ten­burg met ’n tuin­slang skoon­ge­spuit het na­dat hy sy broe­kie be­vuil het.

Twee vroue wat Maan­dag pad­aan­wy­sings by die kleu­ter­skool kom vra het, was so ge­skok dat hul­le ’n fo­to van die kaal seun­tjie ge­neem en op Facebook ge­plaas het in ’n po­ging om sy ou­ers op te spoor.

In die skool­ge­bou kon die seun­tjie se twee­ling­boe­tie sy ge­skreeu hoor.

Hul i­den­ti­teit word weer­hou om­dat die seun­tjie moont­lik ’n slag­of­fer van mis­han­de­ling was. C­hild­li­ne in Noord­wes gaan nou vol­gen­de week on­der­soek in­stel.

Die seun­tjie se ma het gis­ter ge­sê: “Ek huil al twee dae.”

Sy sê sy het eers Dins­dag­og­gend ge­hoor wat glo ge­beur het en haar seun­tjies toe da­de­lik by die kleu­ter­skool gaan haal.

“Hul­le het my die vo­ri­ge dag net voor 13:00 ge­bel en ge­sê hy het ’n glip­sie ge­had en dat ek vir hom kle­re moet bring. Toe ek daar kom, was hy in ’n hand­doek toe­ge­draai. Ek het niks vreemds ver­moed nie en hom huis toe ge­neem. Hy was wel nie hom­self nie – ’n bie­tjie bleek en ef­fens koor­sig.

“Die aand het een van die kleu­ter­skool­on­der­wy­se­res­se my ge­bel en ge­sê sy weet nie of hul­le dit reg han­teer het nie, maar hul­le het hom met wa­ter af­ge­spuit.”

Vol­gens die ma het die on­der­wy­se­res ge­sê hy is in die kom­buis met warm wa­ter skoon­ge­spuit, maar die seun­tjie het aan sy ma ge­sê hy is met “koud wa­ter af­ge­spoel”.

“Ek was bui­te my­self toe ek (Dins­dag­og­gend) hoor wat ge­beur het. Sy twee­ling­boe­tie het ge­sê hy kon in die kleu­ter­skool hoor hoe sy boe­tie bui­te skreeu.”

Die voor­val het op­slae ge­maak na­dat An­ne­lie Nel ’n fo­to op Facebook ge­plaas het van die kaal seun­tjie na­dat hy glo skoon­ge­spuit is.

Nel sê sy en ’n vrien­din was vroeg­mid­dag ê­rens heen op pad en het by die kleu­ter­skool stil­ge­hou om aan­wy­sings te vra. “Ons sien toe hoe ’n per­so­neel­lid

‘‘ Sy twee­ling­boe­tie het ge­sê hy kon in die kleu­ter­skool hoor hoe sy boe­tie bui­te skreeu.

die kaal seun­tjie ag­ter in die erf met ’n tuin­slang spuit ter­wyl sy lag en die kind skreeu. Nog ’n per­so­neel­lid wat toe­ge­kyk het, het ook ge­lag. My vrien­din het ’n fo­to ge­neem.”

Nel sê sy was ge­skok en het die fo­to op Facebook ge­plaas in ’n po­ging om die seun­tjie se ou­ers op te spoor.

“Ie­mand het die kind her­ken en ons kon sy ou­ers op­spoor.”

Die kleu­ter­skool se naam word voor­lo­pig weer­hou om­dat die hoof gis­ter ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan het en nie vir kom­men­taar be­skik­baar was nie. Haar man het ge­sê sy sal moont­lik van­dag of mô­re be­skik­baar wees.

A­li­ce Car­nell, di­rek­teur van C­hild­li­ne in Noord­wes, sê om ’n kind so met ’n tuin­slang skoon te spuit, is ’n on­aan­vaar­ba­re prak­tyk – of dit nou warm of koud, win­ter of so­mer is.

“Ons gaan die kleu­ter­skool be­soek om vas te stel wat­ter prak­ty­ke en pro­se­du­res daar is en of die skool ge­re­gis­treer is. Al was dit net ’n ver­sor­ger wat ver­keerd op­ge­tree het, be­hoort die skool­hoof op te tree.

“Daar moet ’n plek by die kleu­ter­skool wees om kin­ders te was; daar is geen ver­sko­ning nie. Ons sal ’n ver­slag aan die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling ver­skaf.”

Car­nell sê ook ’n mens moet lie­wer nie fo­to’s pu­bli­seer van kin­ders wat moont­lik mis­han­del is nie, al was die be­doe­ling goed (soos in dié ge­val).

“Die seun­tjie is ge­trau­ma­ti­seerd en in die o­pen­ba­re oog ver­ne­der. Hoe­wel die Facebook-fo­to van hom dis­kreet en nie por­no­gra­fies is nie, kon men­se wat hom ken, hom i­den­ti­fi­seer. Sul­ke fo­to’s kan ook in ver­keer­de men­se se han­de be­land wat dit vir per­ver­se doel­ein­des kan mis­bruik.”

Die ma sê hul­le oor­weeg reg­stap­pe teen die kleu­ter­skool.

Maan­dag was tot dus­ver van­jaar die koud­ste dag in Rus­ten­burg ter­wyl Noord­wes ge­bib­ber het weens ’n kou­e­front.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.